60
ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer Maart / March 2014 No / Nr 169 ISSN 1042 - 1558 Gewasproduksie: PANNAR bied saad, raad en daad Bewerking: Wat vra jou grond? Gee jou mening oor georganiseerde landbou Strooptyd: Die ware toets Boere wen met Isuzu se dubbelkajuit-trokkie Hulpbronbestuur | Gewasproduksie | Meganisasie | Veilings

Proagri 169

  • Upload
    proagri

  • View
    314

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Visit www.proagri.co.za for more agricultural news.

Citation preview

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

Maart / March 2014No / Nr 169

ISSN 1042 - 1558

Gewasproduksie:PANNAR bied saad, raad en daadBewerking: Wat vra jou grond?

Gee jou mening oor georganiseerde landbou

Strooptyd: Die ware toets

Boere wen met Isuzu se

dubbelkajuit-trokkie

Hulpbronbestuur | Gewasproduksie | Meganisasie | Veilings

Ek lees op die Landbou Sosiaal-bakkiesblad skryf ’n boer dat die omie by die biddag vir

reën gevra het dit moenie so tip-tip reën nie, dit moet sjor-sjor reën. Wel verseker is die grootste deel van die goeie ou Transvaal nou deurdrenk met sjor-sjor reën. Dit is ’n bietjie ongemaklik vir ons Suid-Afrikaanse vee wat gewoond is aan sonskyn op hulle lywe om dag na dag die waters te trotseer, maar ek is seker hulle gaan breed glimlag oor die groen grassies. In hierdie uitgawe van ProAgri het ons ’n baie interessante artikel oor die pad voren-toe vir grondbewerking deur ’n kundige wat meen dat minimumbewerking wyd haalbaar is. Soveel boere, soveel planne natuurlik en uiteindelik moet elkeen doen wat vir sy plaas die beste werk en natuurlik bekostigbaar is. ’n Gebrek aan idees en masjiene om die werk te doen is daar bepaald nie en ek vertrou dat ons hier by ProAgri ons deel doen om

boere ingelig te hou oor al die nuwe verwikkelinge. Hou gerus ook ons webwerf dop vir meer inligting oor die Plaasvars Musiekfees wat hierdie jaar sy verskyning tydens Nampo op Bothaville gaan maak. Dit is ’n gesinsfees met lekker Afrikaanse musiek van laatmiddag af en daar is ook spesiale geleenthede vir maatskappye om boere te onthaal. Praat gerus met een van ons bemarkers om die geleentheid te benut. Ek moedig u ook graag aan om deel te neem aan die meningsopname op bladsy 31. Georganiseerde landbou kan baie vir boere beteken, mits die organisa-sies genoeg bedingingsmag het. Ons wil graag weet hoe u daaroor voel.

Boer slim!

Annemarie Joubert > [email protected]

Inhoud

Gewasproduksie2 Grondbewerking: Wat vra jou grond?8 PANNAR bied boere saad, raad en daad13 Pioneer se wêreldkampioene deel hulle geheime15 Berthoud spuit die pad oop na minimumbewerking17 LEMKEN sorg vir ’n snoesige saadbed19 Valley konsolideer sy eienaarstruktuur21 Ocmis spuit ’n eerste plek in die groenmieliemark los

Meganisasie22 Strooptyd: Die ware toets24 Isuzu se dubbelkajuit-trokkie: Vier wenners in een27 Kubota se L39 is die veelsydigheid vanself

Hulpbronbestuur29 John Deere laat die stedeling na die plaas hunker30 My hond is vergiftig. Wat nou?33 Verblyfreg: Die invloed op koopooreenkomste35 Shell lewer skitterdieseldiens op die Hoëveld37 Is jou familieboerdery ’n bate of ’n las vir jou nageslag? 39 Neem volle beheer sonder draadwerk

Gereeld40 Veilings42 GeneGids44 AgriTrader

Spesiaal!14 Wen ’n selfoon vir die plaas31 Gee jou mening oor georganiseerde landbou en wen

Redakteursbrief Voorblad

Inhoudsopgawe / Contents ProAgri

Smart Publishing

Gebou 2, Menlyn Woods,Spritestraat 291, Faerie Glen

Tel: 0861-777-225www.smartpublishing.co.za

Business-to-Business: Agriculture ABC Oct – Dec 2013

39 758 average copies per month

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Redakteur tydskrif en aanlynAnnemarie Joubert > [email protected]

VerslaggewerDu Preez de Villiers > [email protected]

Senior bemarkerStefan van Wyk > [email protected]

Bemarkers: Klein advertensiesXander Pieterse > [email protected]

Adele van Tonder > [email protected]

Uitleg & grafi kaEsta van Niekerk

NavraeEngela du Plessis > [email protected]

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 [email protected]

Verspreiding en intekeningMarlien v d Westhuizen > [email protected]

BemarkingsbestuurderAnneke Claassen > [email protected]

SakebestuurderGeorge Grobler

2

8

15

22

29

35

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 1

Een van die nuwe opwin-dende nuwe kultivars wat PANNAR so pas bekend ge-stel het, is die gespikkelde rooi droëboon met sy unieke rooi blommetjie. Lees meer oor die wye kultivarkeuse op bladsy 8 en geniet die uitgawe propvol gewas-produksienuus.

Wanneer grond bewerk word of bloot wanneer ’n werktuig oor die grond

ry, het dit regstreeks ’n invloed op die grond se fi siese eienskappe. ’n Veran-dering in die fi siese eienskappe beïn-vloed weer sommige chemiese en biologiese eienskappe. Die mate waar-toe grondbewerking die eienskappe beïnvloed, verskil tussen grondtipes. In hierdie artikel gaan die invloed van grondtipe op die besluit oor ’n geskikte bewerkingstelsel, uitgelig word. Grondfi siese eienskappe wat in ag geneem moet word.Daar is ’n aantal grondfi siese grondeien-skappe wat met besluite oor ʼn bewer-kingstelsel in ag geneem moet word. Sommige van hulle raak die gemaklik-heid van bewerking, soos klewerigheid, vastheid en dravermoë. Sommige van die eienskappe is baie gevoelig vir agteruitgang tydens be-werking, soos grondsterkte, hidrouliese geleiding, brutodigtheid, deurlugting, organiese materiaal, grondmikrobes en hoërorde-grondlewe. Wanneer daar op ’n bewerkingstelsel besluit word, moet die voor- en nadele van die uitwerking van die stelsel op hierdie grondeienskappe oorweeg word. Uit die aard van die saak is die stelsel met die kleinste impak en wat prakties uitgevoer kan word, die wenner. Dit wis-sel van grond tot grond.

GrondvastheidDaar word na vastheid verwys as daardie eienskappe wat afhanklik is van die kleefeienskappe en die weer-stand teen vervorming by verskillende waterinhoude. Droë grond se vastheid is wesenlik harder weens toenemende

kohesiekragte in die grond teenoor wan-neer dit klam is. Wanneer die grond bokant veld-waterkapasiteit nat is, verloor dit die meeste van sy sterkte en vervorm dit baie maklik (plastiese vastheid), maar verbrokkel nie. Dit is tussen hierdie twee grense (harde vastheid weens droogte en plastiese of vervormbare vastheid wanneer dit nat is) waarby grond be-werk word. Grondvastheid beïnvloed die keuse

van bewerking. Om droë grond met ’n harde vastheid te bewerk, vereis meer energie as om klam grond met ’n brok-kelrige vastheid te bewerk. Derhalwe wag ’n mens eerder totdat dit goed gereën het. Kleigrond se vastheid in die droë toestand is tipies hard en verg baie energie om te bewerk. Aan die ander kant moet dit nie nat en plasties wees nie, want dan kleef dit aan die werktuie. Dus is die vensterperiode om kleigrond te bewerk klein.

Gewasproduksie

Grondbewerking:

Wat vra jou grond?Tradisie is nie meer die bepalende faktor wanneer boere besluite neem oor grondbewerking nie. Suksesvolle boere laat hulle lei deur die jongste navorsing en noukeurige ontleding en is nie bang om self te eksperimenteer nie. ProAgri het vir Martiens du Plessis, grondkundige by NWK Beperk, gevra om die rol van grondtipe in bewerkings-besluite te bespreek. Tussendeur is daar ’n fotobeeld van enkele praktyke en toerusting wat ProAgri se redaksionele span die afgelope paar maande by demonstrasies en op plase raak-geloop het.

2 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

GrondsterkteGrondsterkte is die vermoë van die grond om vervorming deur kragte wat toegepas word, te weerstaan. Grond wat nog nooit deur bewerking versteur is nie of wat ook nog nooit deur iets vasgetrap is nie, kan geag word by natuurlike grondsterkte te wees. Sandgrond by natuurlike grondsterkte en tot veldwaterkapasiteit benat, se penetrasieweerstand soos met ’n pene-trometer gemeet, wissel meesal tussen 900 kPa en 1 100 kPa. Die penetrasie-weerstand van kleieriger grond is hoër weens die groter mate van klewerigheid van kleigrond. Wanneer werktuie oor ’n land be-weeg, kompakteer dit die grond, wat die grondsterkte en dus die weerstand teen vervorming, verhoog. Sandgrond kom-pakteer makliker en dieper as kleigrond en derhalwe neem die grondsterkte weens kompaksie meer in sandgrond toe as in kleigrond.

Dravermoë van die grondDie dravermoë van grond is ook ’n aspek van grondsterkte. Vir ’n trekker om oor grond te beweeg en vrag te kan trek, moet die trekkerwiel die grond kompak-teer en dan haak die bande se kappe in die gekompakteerde grond en kan die trekker vorentoe gestoot word. Wanneer grond baie nat is (plastiese vastheid), vervorm dit in so ’n groot mate dat trek-kerwiele dit nie gekompakteer kan kry nie en die trekker kan nie loop nie. Die teenoorgestelde is ook waar. Wanneer los sandgrond heeltemal droog is, kan dit ook nie gekompakteer word nie en dan sit ’n voertuig ook in die droë los sand vas (los vastheid). Grond met ’n swak dravermoë kan derhalwe net ligte bewerkings verdra.

Hidrouliese geleidingDie hidrouliese geleiding van grond is

die vermoë van die grond om water onder die invloed van ’n krag (gewoonlik swaartekrag) te gelei. Die geleiding of vloei van water vind deur die waterge-vulde porieë en langs waterfi lms in die porieë plaas. Hoe groter die porieë (wat aaneenlopende buisies vorm en kapillêre buisies genoem word) hoe vinniger word die water deur die kapillêre buisies gelei (soos in sandgrond). In gekompakteerde of vasgetrapte grond is die grootste buisies inmekaar-gedruk en is die geleiding stadiger. In kleigrond is daar meer buisies, maar

hulle is baie dunner en bied dus meer weerstand teen waterbeweging weens die groter adhesiekrag in die dunner buisies. Gekraakte kleigrond verskaf tydelike makroporieë waarin water vinnig inbeweeg, maar sodra die krake toeswel met benatting, is die waterbe-weging baie stadiger. Wanneer werktuie oor klam kleigrond beweeg, druk dit die krake toe en verlaag dit waterbeweging. Die implikasie hiervan vir grondbe-werking is dat sandgrond gouer na be-natting bewerk kan word. Kleigrond moet eers heelwat afdroog voordat dit bewerk kan word.

BrutodigtheidDie brutodigtheid van grond verwys na die massa per eenheidsvolume grond en word in kilogram per kubieke meter (kg/m3) uitgedruk. Die brutodigtheid van onversteurde sandgrond is gewoonlik tussen 1 600 en 1 800 kg/m3 en dié van kleigrond tussen 1 100 en 1 300 kg/m3. Wanneer grond gekompakteer word, word die brutodigtheid daarvan verhoog omdat daar meer minerale deeltjies per kubieke meter saamgepers word en dus minder porievolume nalaat. Grond met ’n hoër brutodigtheid bewerk dus moeiliker en vereis meer energie vir bewerking. Grond met ’n abnormaal hoë brutodigtheid moet losgemaak word. Sandgrond is meer gevoelig vir vermindering van brutodigtheid met bewerking as kleigrond. Voorts herstel brutodigtheid nie natuurlik in sandgrond nie en moet dit deur meganiese bewer-kingsaksies herstel word. Kleigrond kraak met uitdroging en die brutodigt-heid herstel vanself oor tyd.

Trekker- en werktuigvervaardigers is deeglik bewus van die invloed van wiele op grondstruktuur en hoëfl otasiebande is deesdae die standaard by veral swaar toerusting soos hier aan die Equalizer SL Min-Till-mielieplanter.

Rusperbande verminder nie net kompaksie nie; dit help ook om wielglip uit te skakel. Die Soucy Tracks-rusperbande wat hier gedemonstreer word, pas aan enige bestaande trekker en kan ook weer afgehaal word vir padrywerk.

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 3

Geenbewerking is die doeltreffendste metode wat gevolg kan word om die organiese inhoud van grond te verhoog.

KlewerigheidGrond se klewerigheid word deur ’n kombinasie van die kleipersentasie en die kleitipe bepaal. Montmorillonitiese klei (dié wat baie swel en krimp met benatting en uitdroging) is meer klewerig as die kao-linitiese klei. Grond waarin oorheersend montmoril-lonitiese klei is, kleef aan werktuie vas en dit moet droër bewerk word wan-neer dit nie-plasties is. Grond met kaoliniet as kleimineraal kan natter bewerk word. Die hoeveel-heid klei in die grond is ook belangrik. Sandgrond met montmorillonitiese klei is nie noodwendig klewerig nie en kleigrond met kao-liniet is ook nie noodwendig klewerig nie.

PorieëWater- en lugbeweging deur die grond is van die hoeveelheid en grootte van porieë in die grond afhank-lik. ’n Gunstige poreusheid of deurlugting van die grond is dus vir plantwor-tels belangrik. Deur die grond te bewerk, word die poreusheid van die grond verhoog en dit veroorsaak dat water- en lugbeweging deur die grond verbeter. Aan die ander kant kan grond te los wees met te veel makroporieë, tipies nadat ’n aggressiewe primêre bewerking uitge-voer is. Dit veroorsaak dat

Sandgrond se brutodigtheid herstel nie natuurlik nie en meganiese bewerkingsaksies kan nodig wees as gevolg van kompaksie.

Kleigrond kraak met uitdroging en die brutodigtheid herstel vanself mettertyd.

die grond-wortelkontak nie optimaal is nie en dan kan plantwortels nie water en plantvoedingstowwe optimaal opneem nie.

Organiese materiaalOrganiese materiaal verlaag klewerig-heid, verlaag brutodigtheid en verhoog poreusheid. Wanneer grond bewerk word, word die toestande vir biologiese afbreking van organiese materiaal bevorder. Dit het weer ’n uitwerking op verskeie grondfi siese, grondchemiese en grondbiologiese eienskappe. Geen-bewerkingstelsels is uiters geskik vir die bewerking en benutting van organiese materiaal.

TekstuurMinerale gronddeeltjies van grond verskil in grootte. Minerale deeltjies kleiner as 2 mm in deursnee word as grond beskou. Die fynste deeltjies word as klei geklassifi seer, die growwe deeltjies as sand en die intermediêre grootte as leem. Tekstuur verwys na die verhouding waarin sand, leem en klei in die grond voorkom. Bogenoemde grondeienskappe word almal deur tekstuur beïnvloed. Kleigrond se vastheid is harder in die droë toe-stand en plasties in die klam toestand en dit beïnvloed bewerking regstreeks. Die gekompakteerde grondsterkte van sandgrond is hoër as dié van kleigrond. Kleigrond se hidrouliese geleiding is stadiger as dié van sandgrond. Kleigrond is meer klewerig as sandgrond.

4 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

Bewerkingstelsels en grondtipeOor die algemeen geld die reël dat hoe hoër die kleipersentasie, hoe vlakker kan bewerk word. Om kleigrond diep met ’n skeurploeg te bewerk, gaan in die oor-grote meerderheid van gevalle onnodig wees en gaan in baie gevalle waarskyn-lik nadelig wees. In sandgrond, daarenteen, gaan ’n diep skeurploegbewerking in die meeste gevalle opbrengs bevoordeel. Die hoof-rede hiervoor is dat sandgrond maklik en diep kompakteer wanneer werktuie oor die land beweeg en dat ’n effektiewe diep skeurploegbewerking die kompaksie ophef, brutodigtheid verlaag, deurlugting verbeter, waterbeweging bevorder en wortelgroei stimuleer. Tussen hierdie twee uiterstes is leem-grond, wat tot ’n meerdere of mindere mate na die een of ander kant neig.

Wat van geenbewerking?Tradisioneel word aanvaar dat klei- en kleileemgrond geskik is vir ’n geenbe-werkingstelsel en dat sandgrond nie daarvoor geskik is nie. In Argentinië word sowat 90% van alle gewasverbou-ing in geenbewerkingstelsels gedoen. Hiervan is die oorgrote meerderheid van dié grond uiterste leem- en sandgrond met baie min klei.

Maar wat van geenbewerking in Suid-Afrika? Na my mening kan geenbewerking suksesvol op alle grond in Suid-Afrika toegepas word, met die voorbehoud dat bogenoemde afbreking van grondeien-skappe doeltreffend bestuur word. Dit word gedoen deur die grond se chemiese eienskappe reg te stel voordat daar met die stelsel begin word. Grond-ontledings is noodsaaklik hiervoor. Gede-gradeerde fi siese eienskappe, by name grondsterkte, brutodigtheid, hidrouliese geleiding en poreusheid moet ook doel-treffend vooraf met die regte werktuie reggestel word. Hierna is ’n permanente spoorverkeer-stelsel, waarin alle landverkeer jaar na jaar op dieselfde spore ry, ’n absolute voorvereiste. Hiervoor is GPS-naviga-siestelsels aan die landbouwerktuie van besondere groot hulp. Dit beteken dat die praktyk om jaarliks die ryrigting te swaai, die volhoubaarheid van so ’n stel-sel ernstig in die wiele ry. In Australië word beheerde spoorverkeer selfs op kleigrond gepropageer omdat dit, soos hierbo beskryf, die makroporieë oop hou en waterindringing wesenlik bevoordeel.

SamevattingWanneer werktuie oor ’n land beweeg en grond bewerk word, veroorsaak dit af-breking van sommige grondeienskappe. Aan die ander kant is bewerking dikwels ook nodig om afbreking wat voorgekom het, meganies te herstel. Boere moet seker maak dat die be-werking wat uitgevoer word, doeltref-fend is. Dit is ongelukkig so dat die bal alte dikwels misgeslaan word en dat

grondbewerking, sonder dat die boer dit besef, ondoeltreffend uitgevoer word. Geenbewerking is waarskynlik die pad vorentoe, met die voorbehoud dat grondafbreking in die geenbewerking-stelsel doeltreffend bestuur word. ’n Verskeidenheid fi siese, chemiese en biologiese grondeienskappe kan poten-

sieel in ’n geenbewerkingstelsel agteruit-gaan en moet gereeld gemoniteer word. ’n Permanente spoorverkeerstelsel, waarin alle landverkeer jaar na jaar op dieselfde spore ry, kan doeltreffend aangewend word om afbreking van ’n hele aantal grondfi siese eienskappe te bestuur.

’n Skaarploegaksie kan nodig wees om kompaksie in die bogrond te herstel. As gevolg van onkruiddoderweerstand, veral in die Wes-Kaap, pas sommige boere ook weer diepbewerking toe om onkruid te beheer. Die Lemken-om-swaaiploeg sorg dat die aksie vinnig en doeltreffend kan plaasvind.

’n Tandbewerking as deel van die plantaksie, soos met die Equalizer Min-Till-koringplanter, bied ’n goue middeweg waar plantrye dieper bewerking en kunsmisplasing benodig sonder om die voordeel van oesreste wat op die land agterbly in te boet.

Vir verdere navrae kan die skrywer by [email protected] gekontak word.

P

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 5

6 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

Die Turbomax met sy vertikale skottelbewerking sny oesreste fyn en vermeng dit doeltreffend met die bogrond.

Nog ’n oplossing vir digter oesreste, veral waar daar gou na strooptyd geplant moet word, is strookbewerking soos deur Orthman se 1tRIPr, wat hier in kombinasie met ’n John Deere 1750-planter deur die land wikkel.

Die Jumil-reeks planters is spesiaal ontwikkel vir totale geenbewerking en plantwerk regstreeks in oesreste – en selfs onbewerkte grasland.

Lemken se Rubin 9 in kombinasie met ’n Solitair 9-planter sorg vir fyn saadbedvoorbereiding en plantaksie in een beweging en die planter kan vir groot- en kleingraansaad gebruik word.

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 7

Die beste kans vir sukses – dis wat boere kry deur PANNAR se

samevoeging van topprodukte met vindingryke gewasvoorsorg en -nasorg om ’n volledige risikobestuurspakket te bied. PANNAR se doelwit is om boerdery se doeltreffendheid en winsgewend-heid te verhoog en daarvoor is ’n vyfpuntplan ontwikkel:

1 Heel voorste navorsing en ontwikkeling:Met die groot navorsingskapasiteit van ’n ultramoderne, wêreldklas tegnolo-giesentrum, is PANNAR op die voor-punt van vooruitgang in saadnavorsing en -teling. PANNAR se teelprogramme kombineer gevorderde teeltegnologie en bioïnformatika. Dit verseker hoë-opbrengsvariëteite met beter siekte-, droogte- en insekverdraagsaamheid.

2 Wenprodukte en gewaspakkette:PANNAR-produkte word gekenmerk deur uitsonderlike prestasie, stabi-liteit en gebiedsaanpasbaarheid. Verspreiding is ʼn goeie strategie vir risikobestuur. PANNAR help die boer om ’n kultivarpakket uit verskillen-de groeiklasse en met verskillende agronomiese eienskappe saam te stel. Dit is een van die boustene waarmee boere die opbrengs op hulle belegging en vooruitstrewende boerdery kan verseker.

3 Gewasvoorsorg:PANNAR se ten volle gesertifi seerde en geakkrediteerde laboratoriums hand-haaf die hoogste gehaltestandaarde. Die PANACEA™ omvattende saad- en

plantbeskermingsinisiatiewe identifi -seer topgehalte chemiese produkte en polimere vir doeltreffende saadbehan-deling. Dit verseker goeie plantbaar-heid en groeikragtigheid. Sodoende word saad en saailinge teen vroeësei-soen insek- en saad- of grondgedraagte siektes beskerm vir ’n goeie wegspring.

4 Plant nommerpas:PANAGRI™ praktiese boerderynavor-sing verskaf riglyne om verbouing-spraktyke en die plantbevolking vir elke spesifi eke gebied te optimaliseer. Akkurate saadspasiëring, diepte en saad-met-grond kontak bevorder gelyke/eenvormige opkoms en is die grondslag vir die beste moontlike opbrengspotensiaal.

5 Beskerm jou plante:Eersteklas saad en kundige advies verseker ’n suksesvolle oes. Deur die integrasie van topprodukte, praktiese boerderyoplossings en innoverende gewasnasorg, bied PANNAR die boer ’n volledige, kostedoeltreffende risiko-bestuurspakket om die winspotensiaal van sy boerdery te verbeter. By PANNAR se onlangse Gewas-extravaganzas het boere hulle weer verlustig in die opwindende moont-likhede wat PANNAR se nuwe (en ou vertroude) kultivars bied. Kyk net:

NUWE WITBASTERSDie uitstaande prestasie van PANNAR se mieliebasters in die LNR se nasio-nale proewe oor die afgelope vyf jaar is ʼn bewys van PANNAR se uitstekende kiemplasma en uitstaande toetspro-gram.

Die grondslag vir sukses:PANNAR bied boere saad, raad en daad

Silage King is ’n soetriettipe voersorghum wat uitmuntend is vir staande hooi of kuilvoer. Veeboere is ingenome met die opbrengs wat Silage King bied.

Gewasproduksie

Vinnige pakket:PAN 4A-111, PAN 4R-511R en PAN 4B-311B (NUUT): Aanbeveel vir die Noordoos-Vrystaat en al die oostelike produksiegebiede. Presteer uitstekend in die misgordelgebiede. Goeie staanvermoë, graangehalte en skepelmassa. Die pakket vind baat by ʼn swamdoderspuitprogram.

Medium-vinnige pakket:PAN 5R-693R en PAN 5R-993BR (NUUT): Veelsydig en presteer in al die produksiestreke. Baie goeie keuse in die droër produksiestreke. Sterk meerkoppig met goeie agronomiese balans.

Medium pakket: PAN 6Q-245, PAN 6Q-345CB, PAN 6R-665R en PAN 6R-845CBGT (NUUT): Soortgelyk aan

Die sterk meerkoppige PAN 5R-993BR is ’n nuwe, vinnige witmielie wat ’n baie goeie keuse vir die droër produksiestreke is.

8 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

PAN 6Q-445B (vir vyf jaar toppre-steerder in die nasionale proewe). Baie goeie stabiliteit en kompensasie-vermoë in verskillende produksietoe-stande. Droog relatief vinnig af, goeie staanvermoë en sterk meerkoppig. Word as deel van die hoofaanplant-ing in al die produksiestreke aan-beveel. Goeie diplodia-kopvrot en grysblaar-vlek-verdraagsaamheid. Bt-(stronkboorder) en GT-(glifosaat-verdraagsaamheid) -gene uit die Agrisure® Corn Traits-stal van Syn-genta.

NUWE GEELBASTERSDie geelmieliepakket van ultravinnige, vinnige en medium basters vorm ’n gedugte pakket vir goeie langtermyn-risikoverspreiding.

Vinnige pakket:PAN 4B-312CB en PAN 4B-304CB (NUUT): Vir die Noordoos-Vrystaat en die matige en koel oostelike produksiestreke aan-beveel. Die YIELDBOOST™-swamdoderspuitprogram word aan-beveel vir optimale produksie. Spruit gewoonlik baie min en het ’n goeie staanvermoë. ʼn Hoër plantestand as vir die medium basters word aanbe-veel. Die Bt- (stronkboorder) -geen kom uit die Agrisure® Corn Traits-stal van Syngenta.

PAN 4R-576R en PAN 4R-776BR (NUUT): Word vir die Noordoos-Vrystaat en oostelike produksiestreke aanbeveel.

Medium pakket:Al die basters in die reeks presteer goed. Dit is belangrik om dit teen die aanbevole plantestand vir die betrokke produksiestreek aan te plant. PAN 6R-680R (NUUT): Baster met glifosaat-onkruiddoderverdraagsaam-heid. Lewer uitstekende, stabiele pres-tasie in al die produksiestreke. Goeie keuse waar hoë onkruiddruk ondervind word en as toevlugsoord vir PAN 6R-880CBGT. PAN 6R-880CBGT (NUUT): Stapelgeenbaster met stronkboorder-beskerming en verdraagsaamheid teen glifosaat-onkruiddoder. Soortgelyk aan PAN 6R-680R en PAN 6Q-408CB. Goed aangepas vir al die produksiestreke. Die Bt- (stronk-boorder) en GT- (glifosaat-verdraag-saamheid) -gene kom uit die Agrisure® Corn Traits-stal van Syngenta.

NUWE SONNEBLOMBASTERSPAN 7095CL met die CLEARFIELD®-geen het die eerste plek in die LNR se nasionale kultivarproewe van 2012/13 behaal! PANNAR se nuwe reeks basters met die CLEARFIELD®-geen ding nou kop aan kop mee met die konvensionele staatmakers om ʼn totale nuwe konsep in wisselboustelsel daar te stel. PANNAR bemark nou ʼn volledige pakket van hierdie basters wat mekaar aanvul vir goeie risikobestuur. Die CLEARFIELD®-produksiesisteem bied doeltreffende na-opkomsonkruidbe-heer van ʼn breë spektrum breëblaar-onkruide en -grasse. Die ingeboude onkruidweerstand is ’n natuurlike mutasie; die basters is dus nie gene-ties gemodifi seer nie. PANNAR handhaaf ’n uitstekende prestasierekord in die LNR se nasiona-le proewe landwyd. Die basters bied almal uitstekende bruinroesweerstand. Aanvullend tot die konvensionele sonneblompakket, bemark PANNAR ook vier hoë-opbrengsbasters met die CLEARFIELD®-geen, waaronder die eerste baster met die CLEARFIELD®-PLUS geen, wat ʼn verbetering op

CLEARFIELD® is. Die PANNAR-pakket sluit ook ’n hoë-oleïensuurbaster (hoë mono-onversadigde olie-inhoud) in vir die produksie van gesonder olie wat beter vir diepbraai geskik is. PANNAR is reeds 39 jaar betrokke by sonneblomnavorsing. PANNAR-basters word in Afrika, Suid-Amerika en Europa bemark. Die Suid-Afri-kaanse boer kan met groot gemoeds-rus en vertroue PANNAR se sonne-blomreeks aanplant met die wete dat die beste tegnologie in hierdie basters opgesluit is. PAN 7031CL: Volseisoen sonne-blom-baster met die CLEARFIELD®-geen. Dieselfde uitstekende op-brengspotensiaal as die konvensionele basters. Bied ʼn alternatiewe onkruid-beheerstelsel en is ʼn werkbare ekono-miese alternatief in ʼn wisselboustelsel. Euro-Lightning®-onkruiddoder (L8436, aktiewe bestanddeel: Imasapir en Imasamoks) bied na-opkomsbeheer van ʼn breë spektrum gras- en breë-blaaronkruide. PAN 7095CL: Hierdie baster met die CLEARFIELD®-geen is ʼn deurbraak in sonneblomproduksie in Suid-Afrika deur die eerste plek in die 2012/13 LNR nasionale kultivarproewe te be-haal! Die volseisoenbaster beskik oor ʼn opbrengspotensiaal soortgelyk aan en selfs beter as die konvensionele basters op die mark. PAN 7101CL: Soortgelyk aan PAN 7095CL en het ook die CLEARFIELD®-geen. Het dieselfde goeie opbrengspotensiaal as die kon-vensionele basters. Volseisoenbaster en vul PAN 7095CL uitstekend aan. PAN 7102CLP: Bevat die ”nuwe”

PAN 4B-311B is ’n opwindende nuwe vinnige witmielie vir al die ooste-like produksiegebiede. Dit het ’n goeie staanvermoë, graangehalte en skepelmassa.

Goeie nuus vir sonneblomboere is dat PANNAR se Clearfi eld®-basters nou kop aan kop met konvensionele staatmakers meeding om ’n totaal nuwe konsep in wisselbou daar te stel.

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 9

CLEARFIELD®-geen, CLEARFIELD®-PLUS, met verbeterde onkruidbeheer. Volseisoenbaster met dieselfde goeie opbrengspotensiaal as die konven-sionele basters. Verdraagsaam teen bruinroes.

NUWE SOJABOONKULTIVARSPANNAR het toegang tot die beste kommersiële sojaboonkultivars en pre-kommersiële lyne van regoor die wêreld en toets hierdie bronne van kiemplasma deurlopend teen die plaaslik geteelde kultivars vir prestasie en aanpasbaarheid in uiteenlopende toestande. Die afgelope vier jaar behaal PANNAR se kultivars die toppresta-sieposisie in al die streke. PANNAR se

PAN 6R-680R met sy glifosaatverdraagsaamheid is ’n medium vinnige geelmielie wat uitstekend en stabiel presteer in al die produksiestreke.

veelsydige pakket van verskillende groeiseisoenklasse bied die optimale kultivar vir elke plantdatum in al die produksiegebiede. Die pakket sluit ook spesialiskultivars in met ’n regop groeiwyse, geskik vir nou rywydtes onder besproeiing. Die mediumgroeiseisoenkulti-vars maak die grootste deel van die hoofaanplanting in die gematigde produksiestreek uit, maar word ook in die warm dele onder besproeiing later aangeplant. PAN 1521R: Opwindende nuwe medium kultivar wat moontlik PAN 1583R in die toekoms gaan vervang. PAN 1623R: Puik nuwe medium kultivar wat konstant beter as ons voorste kommersiële kultivar, PAN 1664, in proewe presteer! Uit-stekende staanvermoë, goeie peul-hoogte en weerstand teen oopspring. PAN 1614R: Aantreklike nuwe medium kultivar met ʼn indrukwek-kende stabiele opbrengsprestasie in verskillende produksiestreke. Gaan waarskynlik PAN 1666R in die toekoms vervang. PAN 1729R: Nuwe kultivar in die laat groeiseisoenklas. Geskik vir vroeë aanplanting in die gematigde streke en hoofaanplanting in warm droëlandge-biede. Goeie droogteverdraagsaam-heid en is die eerste PANNAR-kultivar wat vir die droër westelike Hoëveld geteel is. Gehard en presteer goed waar vogstremming die opbrengs-potensiaal beperk. Sterk onbepaalde groeiwyse met regop planttipe; kan as dubbeldoelkultivar vir graan- of voer-produksie in die hoëpotensiaalgebiede ingespan word.

NUWE ROOIGESPIKKELDE-DROË-BOONKULTIVARSPANNAR bemark hoë-opbrengsdroë-boonkultivars, spesifi ek gekies vir goeie stabiliteit oor ’n wye verskei-denheid omgewingstoestande. Hierdie volledige pakket verminder die risiko wat tradisioneel met droëboonproduk-sie geassosieer word as ’n “hoë risiko, hoë inkomste”-gewas. PANNAR is op die voorpunt met die meganisasie van droëboonproduksie en fokus op die

oordrag van tegnologie aan boere om hulle oesproses te meganiseer. PAN 9216: Onbepaalde groeiwyse met kenmerkende rooi blomme wat maak dat dit enige plek in die wêreld geëien kan word. Goeie prestasie in die nasionale droëboon-statistiese proewe. Hou belofte in vir direkte stroop met meganiese stroper. Belangrike eienskappe: onbepaalde groeiwyse, uitstekende staanvermoë en groot sade. Uitstekende siektever-draagsaamheid teen roes, hoekige blaarvlek- en BMV (bonemosaïek-virus).

NUWE KORINGKULTIVARSPANNAR-kultivars handhaaf ’n uit-stekende prestasierekord in die LNR se nasionale proewe. PANNAR se koringprogram fokus daarop om die opbrengspotensiaal van koring in Suid-Afrika te verhoog, en op die ontwikkeling van kultivars met nuwe bronne van weerstand teen Russiese koringluis en roes. Hoogtepunte in die teelprogram is veral die gedugte pakket lentetipes wat uitsonderlik presteer onder besproeiing. Twee nuwe besproeiingskultivars, PAN 3400 en PAN 3497, is beskikbaar; hulle vul PAN 3471 goed aan en is vir die be-sproeiingsboer ’n besliste keuse. PAN 3497: Behaal topprestasies in die 2012-proewe van die LNR Klein-graaninstituut. Effens langer groeipe-riode as PAN 3471, met uitstekende opbrengspotensiaal – geskik vir vroeë aanplantings. Goeie stoelvermoë en graderingseienskappe. PAN 3400: Toppresterende vinnige groeier in die 2012 Nasionale Proewe. Korter groeiperiode, uitstekende opbrengspotensiaal en geskik vir later aanplantings. Uitstekende staanver-moë en uiters geskik vir medium- en later aanplantings onder besproeiing. P

Vir meer inligting oor PANNAR se volledige saad, raad en daad aan die boer en om PANNAR se waarde-volle Produkkatalogus te bestel, praat met Peet van der Walt by 033-413-9500 of [email protected]. Besoek ook www.pannar.com.

Antony Jarvie is met reg trots op die rooigespikkelde droëboonkultivar, PAN 9216, wat hy ontwikkel het. Dit hou belofte in vir direkte stroop met ’n stroper met ’n fl eksiesnystaaf, veral as die rye nou genoeg geplant word sodat die peule met hulle groot pitte hoog gedra word. Hierdie kultivar kan aan sy rooi blommetjies uitgeken word.

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 11

Pioneer glo daarin om boere met die jongste kennis te bemagtig en as

hulle dit doen, doen hulle dit behoor-lik. Een van die jongste neigings in die graanbedryf is die wisselbou tussen soja en mielies. Om meer inligting oor hierdie lonende praktyk bekend te maak, het Pioneer met die onder-steuning van onder meer John Deere vanaf 3 tot 7 Februarie ’n soja-wissel-boudinamikatoer deur die oostelike mielie- en sojaproduserende streek van die land gehou. By die aanbie-ding in Ermelo het byna 400 boere opgedaag. Die groot trekpleister van die toer was twee Amerikaanse reuse in die saaibedryf, wat hulle kennis met die boere in elke dorp waar aangedoen is, gedeel het. Die wêreldrekordhouer vir die hoogste soja-opbrengs per hek-taar, Kip Cullers uit Missouri, VSA, en

die wêreld se mielie-opbrengsrekord-houer per hektaar, David Hula, wat op verskeie plase in Virginia boer, was hier om hulle begeesterende verhale vir Suid-Afrikaanse graanboere te kom vertel.

Sonlig is Kip Cullers se knelpuntKip Cullers is ’n man wat baie moeite doen om nuwe metodes en idees op sy grond te ontwikkel en hy vaar besonder goed met soja. Die derde keer wat hy die wêreldrekord verbeter het, was in 2010 toe hy 10,8 ton per hektaar gestroop het. Kip boer streng wetenskaplik en benut sy hulpbronne so deeglik as moontlik. “As daar sonlig op die grond tussen die blare val, is dit ’n vermor-sing en ek hou niks daarvan nie. Ek wil 100% van die fotosintese tot my beskikking benut. Ek het deur my kon-trolelys gegaan en gesien dat sonlig

my knelpunt is. “Ek kan wel nie sonlig beheer nie, maar ek kan die plante doeltreffender maak sodat dit beter kan fotosinteer. Hoe donkerder die plant is, hoe beter fotosin-teer dit. Die afgelope vyf /ses jaar konsen-treer ek daarop om my plante so donker-groen as moontlik te kry. “’n Volgende uitdaging is om te

verhoed dat die sojabone wat so hoog groei omval, want dit benadeel ook die fotosinteseproses.” Kip is ook lief daarvoor om buite die kassie te dink en bevraagteken bestaande norme. “Daar is ’n persep-sie dat dit nie nodig is om stikstof by soja te gooi nie omdat een van soja se eienskappe is dat dit stikstof in die grond plaas. Ek het ’n eksperiment gedoen waar ek 1 000 kg stikstof per hektaar toegedien het en die resultate was verstommend. “Sojabone vervaardig ongeveer 6 pond (2,72 kg) stikstof om ’n skepel (0,036 m3) te produseer. Ek sit stikstof in as ek meer as 100 skepels per hek-taar wil oes. Vir ’n laer opbrengs sal sojabone genoeg stikstof vir hulleself produseer. David Hula se selfoon is sy belangrikste werktuigDavid Hula boer saam met sy pa en sy twee broers met mielies en hulle het ook ’n saadversorgingsaanleg. Hy verbou kleingraan, mielies en soja in ’n tradisionele gewasrotasiestelsel en behaal drie oeste in twee jaar. In 1987 het hy en sy pa met geenbewerking begin. Dit het so goed gewerk dat hulle dit vandag nooitbewerking in plaas van geenbewerking noem. In 2013 het hy 28,47 ton besproei-ingsmielies per hektaar gestroop. “Gedurende die eerste drie geenbe-werkingjare was daar ’n opbou van reste bo-op die grond na oestyd, maar daarna het dit vinnig verdwyn soos die afbreek-organismes in die grond herstel het,” sê hy. David glo dat ’n suksesvolle boer die wil moet hê om gedurig te eksperimenteer. As jy elke jaar presies dieselfde metode volg en dieselfde hoeveelheid plant en dalk net die var-iëteite verander, sal jy nie vooruitgaan nie. Jou opbrengs sal dalk elke seisoen ’n bietjie wissel, maar dis waar dit sal eindig. Maar verandering is nie maklik nie. Ek het baie meer dinge verkeerd gedoen as wat ek reg gedoen het, maar dit is belangrik om ’n verskil te maak en om van jou foute te leer.“’n Boer moet die vorige seisoen se goeie en slegte punte sorgvuldig evalueer en aantekeninge maak sodat berekende planne vir die volgende jaar gemaak kan word.” Volgens David moet ’n boer oopkop wees en met mense werk wat oopkop is. Sy selfoon moet sy belangrikste werktuig wees sodat hy sy verteen-woordigers gereeld kan bel en as hy onseker is oor iets. David sê die drie belangrikste kaarte in sy pakkie is: ’n Positiewe gesindheid, Pioneer-saad en die groen kleur van ’n John Deere. Die ander soja-wisselboudinamika-dae is op Brits, Delmas, Bethlehem en Bergville aangebied.

Gewasproduksie

PJohn Deere se groen werktuie wat so netjies uitge-stal is en in die son blink maak ’n boer lus vir boer.

Die manne wat die wisselboudag moontlik gemaak het was Kip Cullers, spreker; David Hula, spreker; Ruben Venter, Pioneer; Rickus Schoeman, Pioneer; Manfred Götzke, spreker van BASF en Barry Germishuys van BASF.

Pioneer se wêreldkampioene Pioneer se wêreldkampioene deel hulle geheimedeel hulle geheime

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 12

regstreeks met jou kollegas, familie en vriende te deel.PA: Boere bestee baie tyd in die buitelug sonder ’n krag-bron tot hulle beskikking. Sal dit ’n probleem wees?CF: Glad nie. ’n Aktiewe leefstyl vereis baie energie en uithouvermoë - dit is die manier waarop die GALAXY S4 Active ’n langdurige en kragtige gebruikerservaring bied. Met 'n 1,9 GHZ Quad-Core-verwerker en ’n 2 600 mAh battery, kan die toestel die mees intensiewe take met gemak en presisie hanteer.PA: Watter ander noodsaaklike eienskappe is in die Samsung GALAXY S4 Active geïntegreerd?CF: Die “S Travel” (ritraadgewer) verskaf reishulp, plaas-like inligting asook aanbevelings wat ’n wonderlike erva-ring in ’n onbekende gebied sal verseker. “Air View”, “Air Gesture”, en “Smart Scroll” lewer gevorderde beheerop-sies daarvoor. Die 5,0 duim vollehoëdefi nisieskerm (Full HD) is ontwerp met “Glove Touch”-vermoëns, wat verskillende aanrakings en gebare registreer om te verseker dat die raakskerm met handskoene aan gebruik kan word. Daarbenewens hou die “S Health” rekord van die gebrui-ker se persoonlike gesondheidstatistieke en -inligting. ’n Ingeboude pedometer hou tred van die aantal treë wat die gebruiker deur die dag loop of hardloop. P

Wen ’n Samsung Galaxy S4!ProAgri het by Craige

Fleischer, direkteur van mobiele kommunikasie by Samsung Electronics SA, gaan kuier om met hom te gesels oor die beste selfoon vir die boere:

PA: As jy ’n selfoon vir ’n boer kon voorstel, wat sou dit wees ?CF: Dit sal beslis die Sam-sung GALAXY S4 Active

wees. Dit bied ’n onvergelykbare ervaring, wat al die betroubare en intelligente funksies van die GALAXY S4 insluit.PA: Hoekom sal ’n boer die foon onweerstaanbaar vind?CF: Die Samsung GALAXY S4 Active is ontwerp om die gebruiker wat gedurig aan die beweeg is in verbinding te hou, selfs ver van die stedelike gewoel. Hierdie toestel het beperkte beskerming teen stof en water (IP67*), sodat jy nooit die toestel by die huis hoef te los indien daar ’n lang, sonnige of nat dag in die veld vir jou voorlê nie. Die ten volle verseëlde ontwerp hou stofdeeltjies buite en beskerm dit teen waterskade tot op ’n diepte van een meter, met tot 30 minute se onderdompeling. Daarbenewens is die kamerafl itser nou ook ’n kragtige LUD-fl itslig sodat ’n boer sy weg in swak lig kan baan. Die GALAXY S4 Active stel jou in staat om enige buitetoneel met ’n 8-megabeeldelement agterkamera te kiek en dit

’n Gelukkige boer staan die kans om die Samsung “Galaxy S4 Active” te wen.Stuur vir ons ’n e-pos met die woorde: “Ek wil ’n Samsung S4 GALAXY Active wen”na [email protected] voor 14 April.

14 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

As die minimumbewerkingspad jou begin roep, moet jy antwoord met

die regte toerusting. ’n Goeie, betrou-bare spuit gaan vir jou sommer ’n hele paar regmerkies beteken. Andries Rautenbach en sy seun, Stefaans, van Petrus Steyn in die Oos-Vrystaat het so ’n paar jaar gelede begin om minimumbewerkingsprak-tyke toe te pas en ’n paar van hulle soja- en mielielande is vanjaar sonder enige voorafbewerking geplant. Maar om seker te maak dat hulle nie gras en bossies stroop nie, moes daar behoorlik gespuit word. “Ons het die Berthoud op ’n demon-strasiedag by oom Bart Visser-hulle gesien en besef dit is net wat ons nodig het,” sê Stefaans. Bart is die handelaar vir Crop-Tech in die Reitz-omgewing en boer self ook. Stefaans sê dit is wat dit lekker maak om by Bart-hulle te koop: “Hulle verstaan wat ons wil hê en hulle ver-staan ons probleme.” Die Rautenbachs se aanplantings is ook deur Crop-Tech se mense moontlik gemaak met ’n eersteklas Jumil-geen-bewerkingplanter en Stefaans sê hy hou sy oog op ’n Jumil-koringplanter

vir die toekoms. Die Berthoud, met sy 1 000-liter tenk en 16-meter balk, is maar nog ’n paar maande op die plaas, maar hy het al goed gewerk. Met ProAgri se besoek was Stefaans en sy Berthoud gou besig om bolwurm wat na die baie reën in die soja kop uitgesteek het, op hulle plek te sit. Stefaans sê die spuit is baie maklik om te kalibreer, want jy verander net die druk om meer of minder water te spuit sodat dit in ooreenstemming met die gifstofvoorskrifte is. Sy spuit is ook toegerus met ’n stelsel van vier spuitstukke (nozzles) wat net gedraai kan word sodat die regte punt vir die regte gewas en gifstof gebruik kan word. As spuitspesialiste sedert 1895, weet Berthoud se ontwerpers presies wat boere nodig het en wil hê en die eenvoudige hidrouliese beheer vanuit die kajuit, selfs vir die kleiner spuite, maak dinge net makliker. “Waarvan ek baie hou, is dat ek hom net hoef te haak. Verder laat lig en sak ek sy balk vanuit die kajuit en as ek die aanknoppie druk, begin hy dadelik spuit; ek hoef nie nog te wag

vir ’n kragaftakker om sy ding te doen nie, want die pomp werk hidroulies,” sê Stefaans. Die vier verskillende seksies van die balk kan ook met die druk van ’n knoppie aan- of afgeskakel word. Dit is moontlik om die seksiebe-heer op te gradeer na ’n ten volle satellietbeheerde stelsel vir presisieboerdery, maar in hierdie stadium voldoen die spuit aan die Rautenbachs se behoeftes daarsonder. ’n Vernuftige, gepaten-teerde kenmerk van Berthoud se driepuntgemonteerde spuite is dat die tenk twee lobbe vorm aan weerskante van die sentrale balkhysarm sodat laasgenoemde so kort as moontlik is en regstreeks na die trekker se driepunthyser loop. Die korter arm is aan minder spanning blootgestel, wat dit meer stabiel maak en langer laat hou. Die ontwerp verseker ook beter balans van

die trekker-en-spuitkombinasie. Die skoonspoel- en handewastenk is in die hooftenk versink, en die spuit-tenk kan lag-lag in die land skoonge-spoel word met die blote oopdraai van ’n kraan. Die Berthoud steek niks vir sy operateur weg nie en vanuit die kajuit kan jy maklik sien of die drukking en volume reg is. Met Crop-Tech se Berthoud-spuit en Jumil-planter aan sy kant, sien Stefaans kans vir die oorskakeling na geenbewerking: “Vroeër het ons geploeg en gedis en alles, maar as die opbrengs dieselfde is en jy kyk na jou dieselrekening, dan mis jy nie daardie dinge nie.”

Gewasproduksie

Die Berthoud word maklik vanuit die kajuit beheer, sy kalibrasie is maklik en jy kan voortdurend ’n wakende oog oor die drukmeter en volume hou

Vir meer inligting oor die reeks Berthoud-spuite wat in Suid-Afrika beskikbaar is, praat met Hennie du Toit by 082-850-3744 of 056-817-7210 of [email protected]. Besoek ook www.croptech.co.za. In die Reitz-omgewing staan Bart Visser ook reg met raad en daad by 082-050-4122.

Berthoud spuit die pad Berthoud spuit die pad oop na minimumbewerkingoop na minimumbewerking

Stefaans Rautenbach van Petrus Steyn sê met die Berthoud aan sy kant sien hy kans vir al die spuitwerk wat met minimumbewerking saamgaan.

P

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 15

deur Annemarie Joubert

16 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

’n Totale omwenteling. Dit is wat LEMKEN se Rubin en Karat op die

De Klerks van Koedoeskop se besproeiingsplaas veroorsaak het. Willie de Klerk vertel dat hulle nie kon glo wat hulle sien die dag met die LEMKEN-demonstrasie nie. “Ons het die manne die hele dag besig gehou en hulle moes op elke land wat ’n ander soort reste en grond het, wys hoe dit werk.” Hy sê hulle het uiteindelik ’n oplos-sing gevind om hulle oorvloed oes-reste sinvol te hanteer en dadelik te plant sonder om te brand. Sy seun, Johan, sê dat hulle nou al hulle beitelploeë en skottelêe laat gaan het, want met die Karat 9 en Rubin 9 kan hulle al die tand- en egbewerkings doen wat nodig is en terselfdertyd ’n perfekte saadbed voorberei. Met ’n oes van tot 16 ton per hektaar was dit wel nodig om eers ’n rolmoer deur die mielielande te trek. Willie sê hy voorsien nie dat hulle ooit in hulle swaar gronde na ’n stelsel van geenbewerking sal kan oorskakel nie, maar die LEMKEN-toerusting beteken ’n groot besparing in diesel en tyd. Hy sê hulle het baie reën gehad

nadat hulle koring gestroop is en was verstom oor die Rubin se doeltref-fendheid in nat grond wat wissel van gruisland tot swaar rooigrond. “Met ’n gewone dubbelskotteleg is dit moeilik om presies op jou GPS-koördinate te beweeg, want die ma-sjien is geneig om te gly. Die Rubin bly egter presies in sy baan.” Willie skryf dit toe aan die hoek waarteen die skottels geplaas is en die feit dat elke skottel aan sy eie arm gemonteer is met ’n beskermende terugskopveer. Vir die Karat hou hulle twee stelle tande gereed vir hulle verskillende gronde, ’n breër platter skoen vir die swaar grond en ’n langer smaller skoen vir die gruis. “Dit vat omtrent tien minute om die hele stel skoene te vervang, want dit werk met ’n eenvoudige losknipme-ganisme,” sê Johan. Hulle sê alles aan die masjiene is goed uitgedink vir net die beste wer-king, soos die vorm en spasiëring van die tande aan die Karat, wat sorg die grond in ’n rolbeweging glad oor die tand gly sonder aanpakking. Willie en Johan was selfs in Duits-land by die LEMKEN-fabriek om die masjiene beter te leer ken en sê hulle

P

Vir meer inligting oor LEMKEN se voortrefl ike werktuie, praat met Karel Munnik by 082-412-2577 of Monia Shears by 072-597-0120 of besoek www.lemken.com.

Vir ’n snoesige saadbed:

Jy kan nie verkeerd gaanmet LEMKEN nie

Gewasproduksie

’n Perfekte saadbed is al wat oorbly nadat die Rubin 9 deur die land beweeg het.

was hoogs beïndruk met die vakman-skap en die gehalte van die staal wat gebruik word. “Dit is goeie masjiene en ons ontvang uitstekende diens van LEMKEN en hulle verpreider in die omgewing, die Afgri-tak op Thaba-zimbi. Jy kan nie verkeerd gaan met LEMKEN nie,” sê Willie.

Hoe dit werk:Karat 9-saadbedmakerLEMKEN se Karat 9 skep ’n perfekte saadbed deur die grond eers tot op enigiets tussen 200 en 400 mm diep los te maak en te deurlug met ’n stel stewige tande, dan met ’n stel ge-lykmaakskottels ’n netjiese saadbed te vorm en laastens met ’n rollerstel ferm vas te trap en alle moontlike kluite te verbrokkel. Die Karat se werkdiepte kan hidroulies vanuit die kajuit verstel word.

Rubin 9-saadbedmakerDie Rubin 9 het twee rye kontrage-monteerde, gehapte skottels van 620 x 6 mm wat teen ’n spesiale hoek gemonteer is om grond en plantma-teriaal te sny en te vermeng vir die beste bewaring van grondvog en die opbou van organiese materiaal. Agter elke ry skottels is ’n ry stewige hark-tande om kluite te breek. Agterna kom ’n stel van twee spesiaal ontwerpte rollers, die een groter as die ander, om die grond mooi ferm gelyk te trap en die werkdiepte van die skottels te beheer.

Die Karat 9 se tande gly glad deur die grond. Let op die lang disselboom wat ’n krinkhoek van 90 grade moontlik maak.

Kliek-klak en af is die tand, beduie Johan de Klerk van Koedoeskop.

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 17

deur Annemarie Joubert

Valley Besproeiing van Suider-Afri-ka, ’n Suid-Afrikaanse maatskappy

wat gemeganiseerde besproeiings-toerusting vir die landbou regdeur Afrika verskaf, het aangekondig dat sy raad van direkteure die aankoop van die 40%-aandeelhouerposisie, gehou deur Agrinet Bpk in die maatskappy, goedgekeur het. As gevolg van die transaksie is Valley Irrigation of Southern Africa (Edms) Beperk nou ’n volfi liaal van Valmont Industries Inc, ’n toonaan-gewende verskaffer van ingenieurs-ontwerpte produkte en -dienste vir die infrastruktuur en gemeganiseerde besproeiingstoerusting vir die landbou. “Die lang verhouding tussen Valmont en Agrinet dateer sedert 1986, toe albei belê het in die eerste besproeiingvervaardigingsaanleg in Afrika,” sê Tobie du Toit, die maat-skappy se hoofbestuurder. “Ons wil Agrinet graag bedank vir sy bydrae om Valley as die toon-aangewende verskaffer van spilpunte

en lateraal-bewegende besproeiings-toerusting in die streek te vestig. Alle huidige en bestaande verhoudings met

P

Gewasproduksie

VERKLARING INGEVOLGE NEW YORK-AANDELEBEURS: Hierdie vrystelling bevat vooruit-skouende stellings, binne die strekking van die “Private Securities Litigation Reform Act” van 1995. Hierdie stellings is gegrond op die bestuur se huidige sienings en skattings, en is onderhewig aan onsekerheid en veranderinge in omstandighede. Toekomstige ekonomiese en marktoestande, nywerheidsvoorwaardes, prestasie en fi nansiële resultate van die Maatskappy, bedryfsdoeltreffendheid, beskikbaarheid en prys van grondstowwe, beskikbaarheid en die markaanvaarding van nuwe produkte, produkpryse, die plaaslike en internasionale mededin-gende omgewing, optrede en beleidsveranderinge van plaaslike en internasionale regerings en ander risiko’s, soos van tyd tot tyd in Valmont se verslae aan die Kommissie van Sekuriteite en Ruilhandel beskryf, is onder meer voorbeelde van faktore wat kan veroorsaak dat die resultate wesenlik mag verskil van dié wat in die vooruitskouende verklaring beskryf word. Die Maatskap-py waarsku dat enige vooruitskouende stelling in hierdie persverklaring gemaak is as van die datum van hierdie persverklaring en die Maatskappy onderneem nie om enige vooruitskouende verklaring te hersien nie.

Valley konsolideer sy eienaarstruktuur“Alle huidige en bestaande verhoudings met ons gewaardeerde kliënte en verskaffers sal op geen wyse geraak word deur hierdie gebeurtenis nie.”

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 19

ons gewaardeerde kliënte en verskaf-fers sal op geen wyse geraak word deur hierdie gebeurtenis nie.” P

As jy jou groenmielies eerste op die mark wil hê, kan jy nie wag vir die

reën om te kom nie. Dan moet jy jou eie reën maak. Jumbo van der Merwe van Witbank het hierdie seisoen al op 12 Augustus sy eerste sestien hektaar geplant en die reën het eers teen die einde van Okto-ber behoorlik uitgesak, maar dit het nie sy C701’s gekeer om lekker stewig en hoog te groei en goed te dra nie, want Irrigation Unlimited se Ocmis R2/2-spuit sorg vir die water.

Jumbo gebruik sy Ocmis nou al ses jaar lank en hy is nog net so tevrede soos die eerste dag toe hy hom gekoop het. Hy sê hy het op NAMPO vir ’n stelsel gaan soek wat aan sy behoeftes voldoen, want ’n spilpunt sal nie in sy opset werk nie. Die spuit moet verskuifbaar wees tussen verskillende lande en die volume wat geplaas word, moet maklik verstelbaar en akkuraat wees. Vroeg in die seisoen, as die mielietjies hulle koppe moet begin uitsteek, gooi hy baie wa-ter en die katrol se spoed word gestel dat die spuitkarretjie

tot 16 uur neem om sy lopie te voltooi. Later in die seisoen stel hy hom vir so nege uur lank. “Die lekker ding is, jy stel sy tyd en dan kan jy maar gaan slaap – die Ocmis doen sy werk. Jy kan maar net agterna die pomp gaan afskakel en hom dan skuif na ’n volgende punt op die moe-derlyn.” Jumbo sê die onderhoudskoste is minimaal, maar as ’n mens enige navraag het, is Tobie van den Heever en sy span altyd gereed om te help.

Hoewel dit moontlik is om die kanon-spuit met ’n verlengstuk te verhoog, het Jumbo dit nog nie nodig gevind nie. Hy sê hy spuit hoog genoeg en die mie-lies kry regdeur ewe veel water. “Die ry naaste aan die spuit se toppe word ’n bietjie deur die straal getref voor hy genoeg hoogte kry, maar nie so dat daar skade is nie.”

Gewasproduksie

Ocmis spuit ’n eerste plek in die groenmieliemark los

Die Ocmis-spuit sorg al die afgelope ses jaar dat die mense van die Witbank-omgewing weet waar om te kom aanklop vir die eerste groenmielies van die seisoen.

Jumbo van der Merwe sê die Ocmis-spuit pas presies by sy boerdery-stelsel in omdat dit verskuifbaar en maklik verstelbaar is.

Praat met Tobie van den Heever by 012-736-2121 of 082-658-6054 of [email protected] of besoek www.iunlimited.co.za vir meer inligting oor hulle hele reeks besproei-ingstoerusting.

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 21

Al jou moeite van korrekte saad-keuse, presiese kunsmistoedien-

ing, akkurate plantwerk, plaag- en pesbeheer en selfs die reënseën op jou land kan benadeel word deur swak stroopwerk. Die regte stroper stroop skoon en vinnig, herwin al die graan en meet selfs jou opbrengs vir toekomstige kunsmisbeplanning en plantestand-besluite. ProAgri bied in hierdie uitgawe die eerste artikel in ’n reeks oor stro-perkeuses en lê ’n paar riglyne neer vir die keuse van die regte strooptoe-rusting vir jou plaas.

SleepstropersVoordat die selfl oopstropers hulle verskyning gemaak het, was daar sleepstropers wat agter die trekker gesleep is en later abbastropers of knapsakstropers wat langs die trekker

vasbout om ’n eenheid met die trek-ker te vorm. Normaalweg stroop so ’n sleep- of knapsakstroper een of twee rye mielies op ’n slag. Met die immer stygende voerpryse is daar deesdae al hoe meer vee- en melkboere wat graan soos mielies aanplant om self so ’n groot deel van hulle voerrantsoene as moontlik te produseer. Dit sal so ’n boer volstrek nie betaal om ’n selfl oopstroper van ’n paar miljoen rand aan te koop om hierdie graan te stroop nie. Hierdie boer se antwoord is ’n sleepstroper of ’n abbastroper, want dit is heel-wat goedkoper en die trekker wat gebruik word om dit aan te dryf, kan buite die stroopseisoen vir ander take aangewend word. Sleep- en abbastropers is ook ideaal vir kleinskaalse of opkomende boere. Wanneer ’n mens ’n sleepstroper

koop, moet jy seker maak dat hy vir al die soorte graan wat jy mag besluit om te plant geskik is. Hy moet ’n mieliepluk-kerkop of koring-tafel kan pas en sy dorsmeganisme moet voorsiening vir ver-skillende soort graan maak. Die boer moet ook na gelang van sy omstandighede kies watter graanle-weringstelsel hy wil hê. Daar is modelle met ’n platform en sakvuller agter, sodat werkers sakke kan vul en op die land kan afgooi vanwaar dit opgelaai en weggery kan word; en daar is

modelle met afl aai-awegare wat graan vanuit ’n massatenk na ’n tapkar oorpomp – net soos ’n groot selfl oper-stroper.

Selfl oopstropersVerreweg die meeste stropers wat vandag gebruik word, is selfl opers, waarvan daar ’n groot verskeidenheid fabrikate beskikbaar is. Daar is nie een stroper in Suid-Afrika beskikbaar wat as ’n swak of slegte stroper beskryf kan word nie, maar elke plaas, elke oes en elke boer verskil en daarom het boere tog sekere voorkeure. Nogtans is die kernkenmerke waarna ’n boer behoort aandag te gee wanneer hy ’n stroper wil koop die volgende:

Hoë produktiwiteit’n Stroper wat sy naam werd is, moet tydens strooptyd elke dag ’n groot lap aarde kafdraf, veral wanneer ge-wasse gestroop word wat ’n beperkte strooptyd het, soos sojabone wat kan begin oopspring en pitte verloor as die stropery te lank sloer.

Volledige herwinning’n Stroper moet graan so sny of pluk en dors dat daar geen sade of pitte op die land agterbly nie. Produksiekoste is hoog en geen boer kan bekostig dat ’n deel van sy oes op die land agterbly nie. Daar is verskeie soorte mielieplukkerkoppe beskikbaar en heel dikwels kies boere ’n plukkerkop wat nie deur die betrokke stropervervaar-diger gemaak word nie. Maak seker dat die stroper wat jy verkies saam met die plukkerkop wat jy verkies sal werk.

Knus kajuitStof en kaf wat in die wind rond-dwarrel is onvermydelik waar ’n stroper aan die werk is. In die “goeie”

’n Mielieplukkerkop moet klein genoeg kan opvou om deur ’n plaashek te kan gaan.

22 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

Meganisasie

ou tyd het die stroperoperateur oop en blootgestel aan die elemente op die stroper gesit en die meeste van sy aandag daaraan bestee om te wens dat sy skof verby moet gaan. Vandag se stropers het geriefl ike kajuite met musiek, lugversorging, geraasdemping, luggeveerde sitplekke en soms selfs ’n yskassie wat jou koel-drank koud kan hou en ’n inpropplek vir jou skootrekenaar. Maak seker dat die kajuit van die stroper wat jy kies operateursvrien-delik is, dat alle beheermiddels binne maklike bereik is en maklik werk, dat alle meters en wysers maklik gesien kan word, dat die operateur ’n goeie uitsig op die plukkerkop het en dat dit geriefl ik genoeg is vir die lang skofte wat stroopwerk deesdae van opera-teurs vereis. Deesdae stroop boere dag en nag. Maak seker dat ’n stroper wat in die nag gebruik gaan word genoeg ligte het sodat die operateur oral waar hy nodig het om te sien, goed kan sien.

Hoe geriefl iker ’n operateur is en hoe beter hy kan sien, hoe akkurater en hoe langer ure kan hy werk om die beste waarde uit die stroper en die oes te put. Die eerste stap in ’n suksesvolle stroopproses is om die materiaal skoon en netjies af te sny en om dit na die stroper se pens te vervoer sonder om pitte te mors.

MieilieplukkerkopVir die stroop van mielies gebruik die stroper ’n mielieplukkerkop met een-hede wat een of meer rye se mielie-koppe pluk en met awegare na die voerkamer vervoer. Daar is mielieplukkerkoppe van ’n wye reeks vervaardigers beskikbaar en die sake waarna die boer moet oplet by die keuse van ’n plukkerkop, is die volgende:• Pas die plukkerkop op jou stroper?• Kan hy die aantal rye op ’n slag en rywydtes pluk wat jou boerderystel sel pas?

• Kan hy maklik en klein genoeg opvou om deur hekke of op paaie te beweeg?

• Is dit maklik en vinnig om hom aan- en af te haak en om sy hidrouliese en elektriese koppelings te maak?

• Pluk hy die mieliekoppe deeglik en skoon, maar sonder om hulle te verniel?

• Hoe suksesvol kan hy die koppe van mielies wat omgeval het pluk?

• Dring daarop aan om te sien hoe die plukkerkop werk. Pluk hy die mielies sagkens, maar ferm en volledig? As jy die hele land vol mieliekoppe sien spat waar hy werk, is dit nie die plukkerkop vir jou nie.

• Het hy sy eie hoogtesensors wat die operateur se taak vergemaklik deur die plukkerkop gedurende die hele stroopproses outomaties op die regte hoogte te hou?

• Is hy betroubaar en stewig gemaak?• Kan hy maklik en vinnig versien word?• Daar is deesdae mielieplukkerkoppe

wat verstel kan word om vinniger of stadiger te pluk na gelang van die stroperspoed, plantdigtheid en opbrengs. Kan die plukkerkop wat jy oorweeg dit doen as dit jou behoefte is?

• Hoe hanteer die plukkerkop mielie-stamme? Boere besef deesdae al hoe meer hoe belangrik dit is om or-ganiese materiaal in die grond terug te plaas om grondlewe te bevorder. Daar is plukkerkoppe wat die mielie-stamme selfs in die dwarste sowel as oorlangs kneus sodat dit makliker afbreek en dus gouer in die grond opgeneem kan word.

• Wat stuur die plukkerkop na die stroper? Die boer stroop mielies vir die graan. As die hele mielie-plant met stam en al in die stroper beland, moet die stroper soveel harder werk en stadiger ry om die graan van die kaf te skei. Daar is plukkerkoppe wat veel minder van die stam na die stroper stuur. Dit voorkom verstoppings en stel die boer in staat om vinniger en deeg-liker te stroop met minder strem-ming op die stroper se dorsmega-nisme.

• Hoe maklik is dit om met die pluk-kerkop te werk? Daar is pluk-kerkoppe wat hulle dekplate vanself verstel volgens die dikte van die mieliestamme, wat vanself hulle gryperkettings se spanning verstel en olie. Dit maak die boer se lewe makliker.

• Word die plukkerkop verskaf deur ’n gevestigde, betroubare handelaar wat tegniese raad en steun, sowel as diens en onderdele, kan voorsien?

Bevredigende antwoorde op al die vrae beteken ’n slim keuse wat sal sorg dat strooptyd nie sukkeltyd is nie.

Volgende keer bespreek ons koring-tafels.

’n Plukkerkop wat so maklik toeganklik is vir enige onderhoud- of herstel-werk is ook ’n groot pluspunt.

’n Mielieplukkerkop wat sy sout werd is moet sy aanvalshoek kan verstel en moet die koppe van selfs gevalle mielies skoon en netjies kan pluk en na die stroper se voerkamer stuur.

P

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 23

Meganisasie

24 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 25

Baie jare se dure sake-ervaring het Fanie de Jongh, ’n ontwikkelaar in

Vanderbijlpark, geleer dat dit net beter is om so veel as moontlik beheer oor sy produksie- en waardekettings te hê. Vir ’n man wat staal verwerk; winkelruimte, kantoorblokke en woonstelle uithuur en motors verkoop, maak hy ook tyd om, net soos ’n goeie boer, oral waar hy kan self betrokke te wees. Daarom het hy twee jaar gelede, toe hy begin het om ’n reuse motorhawe te bou, vir hom ’n Kubota L39 gekoop. Die L39 is ’n volwaardige laaigraaf, tru-grawer en 4x4 trekker, volledig met alles wat jy van ’n gevor-derde trekker verwag. “Ek hou daarvan om soveel as moontlik self te doen, want as jy al jou belangrike werk wat in elk geval gereeld gedoen moet word, moet uit-kontrakteer, raak dit ’n duur storie.” Na heelwat rondsoek en toetslopies het Fanie, met 18 jaar se konstruksie-agtergrond, besluit dat Kubota vir geen ander handelsmerk hoef terug te staan nie. “My fi nale keuse was tussen ’n groot 2x4 TLB (slootgrawer/laaigraaf/tru-grawer) en dié oranje 4x4 buksie. Toe ek sien wat die outjie se vermoëns is in vergelyking met die groot masjiene, was ek baie beïndruk. “Boonop kan die Kubota by veel kleiner plekkies op ’n bouterrein inkom. Hierdie masjien is die Swit-serse weermagmes van masjiene, want met al sy funksies en bybehore kan jy hom vir am-per elke moontlike boutaak gebruik,” sê Fanie. Die Kubota se een-voudige en doeltreffende aanhegtoestel leen hom

daartoe dat Fanie sommer self ’n paar bybehore kon bou. Vir werk aan dakke en hoë plekke, het hy ’n steier met ’n veilig-heidsreëling gebou. Daarmee word die werkers regstreeks van een punt na ’n volgende geneem en al die tyd wat hulle met op- en afklim sou vermors word nou bespaar. Met die groot en swaar selfgemaakte stootskraper, stoot diefl ukse Kubota massas sand heen en weer op die boupersele en maak gelyk sonder sukkel. “As die Kubota nie op die terrein is nie, voel ons die frustrasie, want hy maak die handewerk veel ligter en minder,” sê Fanie. “Ons gebruik hom ook vir ’n grassnyer, vurkhyser, gatgrawer en laaibak.” As die L39 gou Vereeniging toe moet gaan waar Fanie se ander ontwikkelings is, klim hy vinnig op die pad en woerts-warts is hy daar en terug om verder te kom werk. “Dit help baie as jy ’n konstruksiemasjien het wat gelisensieerd is.” Fanie glo daarin om slegs een goeie operateur vir die L39 te hê en dit is sy verantwoordelikheid om die masjien mooi te versorg en te onder-hou. Die gelukkige drywer wat tans

aan die stuur sit, kom van Sasol af en het geen

moeite gehad om die

Kubota met al sy bybehore

baas te raak nie. ’n Masjien wat so belangrik is en so baie werk verrig, verdien sy gereelde versienings. Die naaste Kubota-hande-laar, Tractor Warehouse Vereeniging, is lekker naby. “Die ouens se rugsteun-diens is uitstekend. Hulle bel ons ge-reeld om uit te vind hoeveel werksure op die meter is en kom dan elke 250

P

uur uit om ’n velddiens te doen. “As ek ’n boer is, sal ek verseker vir my een aanskaf, want ek weet hoeveel uiteenlopende take daar op ’n plaas is en jy sal ver moet soek vir soveel veelsydigheid,” sê Fanie.

Kubota se L39 is die veelsydigheid vanself

John Rampitsang hanteer hierdie swaar, selfgemaakte skraper asof dit ’n veertjie is.

Meganisasie

Vir meer inligting, skakel vir Deon Engelke by 083-306-8655 of [email protected]. Besoek ook gerus Kubota se webwerf by www.kubotasa.co.za

Hierdie hoë, spoggerige steier word met gemak deur die Kubota hanteer .

Fanie by sy Kubota L39 met sy bybehore.

deur du Preez de Villiers

ProAgri 169 – Maart / March 2014 27

Landbou kan soms ’n vae en uitge-diende begrip vir die ou in die stad

wees en daar is selfs ’n paar stads-japies wat nie mooi verstaan waar ons vleis en melk vandaan kom nie. Dit is egter wel belangrik vir landbou se oorlewing om ’n akkurate en gunstige beeld uit te dra as ’n stabiele en edel bedryf sodat die toekoms van kos- en klerevoorsiening verseker kan word. Jongmense moet ook bly glo dat land-bou as loopbaankeuse bevredigend en opwindend is. ’n Landboumaatskappy wat beslis die teiken getref het met die bemar-king van hulle beeld aan onder andere stedelinge, is John Deere. Dit is duidelik te sien aan die groot aantal stadsmotors wat met die kenmerk-ende bufferplakker spog. Hierdie groen en geel handelsmerk het dit selfs reggekry dat die verfkleure na

hom vernoem is en het intellektuele eiendomsreg op die kleure. “Ons jongste ‘Dealer of Tomorrow’-strategie is daarop gemik om ons diens en bemarking so vaartbelyn as moontlik te maak,” sê Carel Theron, bemarkingsbestuurder van John Deere in Suid-Afrika. “Die resultaat is dat ons verlede jaar ’n omset van R18 000 000 net op ons bykom-stighede, soos klere, skoene, plak-kers, penne, gordels, gordelgespes en speelgoed, kon toon. Benewens die ingevoerde speelgoed het ons ook vyf plaaslike verskaffers wat vir ons John Deere-produkte in lisensie verskaf.” Die pienk John Deere-plakkers wat veral op dames se motorbuffers pryk, sorg steeds vir heelwat glim-lagte in voorstedelike spitsverkeer. “Die idee vir die plakkers en hemde het op Nampo ontstaan toe daar

verskeie versoeke gerig is om iets vir die vroulike geslag te bied,” sê Carel. Nou word dames ook die geleentheid gegun om vir die wêreld te wys dat hulle ook oor landbou kan droom, of is dit dalk die subtiele sein wat hulle uitstuur om die boer van hulle drome te vang? Die bekende Farm City-plaaswinkel met vier winkels in Johannesburg, Pre-toria en Nelspruit, het net soos John Deere, dit reggekry om landbou in die stad te vestig. Geen wonder die twee handelsmerke loop hand aan hand nie, want benewens die John Deere-handelstakke op die platteland, is dit die enigste ander kleinhandelaar waar jy jou duursame John Deere T-hemp of vellies kan koop. Rupert Jacobs, kleinhandelbestuur-der van die Farm City-winkelgroep, sê dat stedelinge die John Deere-han-delsmerk vereenselwig met gehalte en dan met die plaas, gasvryheid en alles wat saam met landbou gaan. “Die handelsmerk is beslis stewig gevestig en daar is ’n hunkering onder stede-linge na die oop ruimtes, skoon lug en skoonheid van die plaas op die plat-teland. John Deere gee ook aan die ou wat van die plaas af kom die geleent-heid om sy sentiment uit te leef in sy hunkering na sy grootwordjare,” sê Rupert. Lydia Hutten is die takbestuurder by Farm City Atterbury en sy kry baie mense wat veral John Deere se selfaangedrewe-grassnyer koop omdat dit ’n uitstekende produk is. “Jong-mense, soos studente, is fanaties oor die handelsmerk en is veral lief om die skoene, gordels, gordelgespes, T-hemde en plakkers te koop. Die ouer mense is natuurlik lief vir die hoë ge-halte John Deere-hemde,” sê sy. “Dis ook baie interessant om te sien dat ons baba- en kinderklere soos soetkoek verkoop en dan droog die mark op tot op twintigjarige ouderdom waar studente ons weer toestroom," sê Carel. Die plaasjapies word egter nie afgeskeep nie. In die John Deere-handelstakke, waar die asemrowende stropers en trekkers uitgestal word, is daar ook olie, ghries, batterykabels en -terminale en selfs kabelvasma-kers met die John Deere-handelsmerk op wat netjies in die vertoonlokale uitgestal word. Dit werk uitstekend op impulsiewe kopers,” lag Carel. “Ons het ook planne om John Deere nog meer in die stede te ves-tig. Ons is besig om met ’n stap- en buitelewewinkelgroep te onderhan-del om ons produkte ook daar te verkoop,” sê Carel.

Hulpbronbestuur

P

John Deere

laat die stedeling na die plaas hunker

Kontak Carel Theron by 082-802-2209 of [email protected] vir meer inligting of bekyk die ware by www.farmcity.co.za.

Lydia Hutten en

Rupert Jacobs in Farm City

Atterbury tussen die

John Deere-klere wat vir oud en jonk

iets bied.

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 29

’n Groot aantal stedelinge – selfs yuppies – beskou die John Deere-handelsmerk as hulle band met die oop ruimtes en gasvryheid van plase op die platteland.

Plaasaanvalle en -diefstal wil maar net nie ’n einde kry nie. Dit is

steeds die misdaad wat die meeste in die land voorkom en dit is besig om die boerderygemeenskap van Suid-Afrika stelselmatig ’n ernstige knou toe te dien. Die trauma wat met ’n plaasaanval gepaard gaan kring baie wyd uit en een van die eerste slagoffers is maar die waghonde, wat na die veiligheids-heining die tweede verdedigingslinie uitmaak. Dit gebeur al te dikwels dat die arme diere vergiftig word omdat dit die maklikste manier is om hulle uit die pad te kry. Du Preez de Villiers van ProAgri het by dr Gerhard Verdoorn, seker die bekendste gifspesialis in Suid-Afri-kaanse landbou, gaan hoor wat staan ’n boer te doen as sy getroue oppasser gif ingekry het. “Ongeveer 95% van alle gevalle waar honde vergiftig is, is tydens plaasaanvalle of inbrake en die jongste neiging is dat misdaadsindikate veral plase waar daar Land Cruiser-bakkies is teiken. Daar is al letterlik honderde gesteel nadat die plaashonde vergiftig is. Die ander vyf persent is maar agtelosigheid met jakkalsgifbestuur en ongelukke,” sê dr Verdoorn. “Die gifstof wat die meeste gebruik word, is Aldikarb of ‘Two-step’ soos dit ook bekend staan, ’n plaagdoder wat in seker 97% van die gevalle aangeteken word. Daar is egter dees-dae ook gevalle waar karbofuraan en selfs metomiel gebruik word, maar dit is bitter min. Om handelsname uit te wys is vergeefs, omdat daar ’n groot aantal onbekende en onwettige plaagdoders gebruik word, benewens die wat wel geregistreer is en handels-name het.

Wat nou?Die vergiftigingsimptome waarna opgelet moet word, is redelik duidelik. Aanvanklik raak die hond bewerig, sy pupille trek heeltemal toe, dan is daar is erge naarheid, vomering, asemnood en dan tree die dood vinning in. “Die eerste paar oomblikke is seker die belangrikste, omdat ’n hond on-geveer twintig minute oor het nadat dit Aldicarb ingekry het. Nadat die boer seker gemaak het dat sy omstan-dighede veilig is, kan hy noodhulp op die hond toepas: “Probeer onmiddellik om die hond te laat vomeer. Rol ’n bolletjie nat waspoeier tussen jou hande en gooi dit in die hond se keel af. Dit sal die

dier onmiddelik laat vomeer so-dat daar soveel as moontlik van die gif uit die dier se stel-sel kan kom. Daarna moet die hond onmiddellik binnespiers met atropiensulfaat ingespuit word. Die veearts sal verduidelik wat die dosis per kilogram is. “Dieselfde noodhulp word op klein en groot honde toegepas, maar vir Jack Russel-tipes en kleiner is dit noodsaaklik om die hond onmiddellik met atropiensulfaat in te spuit.”

P

Dr Verdoorn glo nie daar is werklik enige voorkomende maatreëls wat ’n boer kan tref om te verhoed dat sy honde vergiftig word nie. “Ek glo nie dit sal help om honde op te lei om nie enige vreemde kos wat rondlê te eet of om nie kos van vreemdelinge te aanvaar nie. Honde is roofdiere en as sodanig ook aasdiere, en enige hond sal enige vleisagtige lokaas vreet. Die enigste teenfoeter vir vergiftiging is om honde snags bin-nenshuis te laat slaap.” Wat ’n boer wel kan doen, is om die regte medisyne by sy veearts te kry en genoeg daarvan in sy medisyne-trommel aan te hou. Atropiensul-faat van 10mg/ml is maar die beste medisyne en ’n hele paar ampules is nodig. Verder kan die veearts ook raad gee oor hondenoodhulpopleiding vir boere.

Hulpbronbestuur

So lyk vleis wat met Aldikarb behan-del is.

Het jy die regte maatreëls getref om jou hond te behandel as hy gif sou inkry?

My hond is vergifig! Wat nou?

Aldikarb is ’n insekdoder wat gebruik word om aartappels, grondboontjies, katoen en ander gewasse teen peste en plae te beskerm.

30 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

WEN! WEN! WEN!

Wat is jou mening oor georganiseerde landbou?Gee jou mening en kom in aanmerking vir een van die pryse!

Hierdie vraelys kan ook elektronies in Af-rikaans of Engels ingevul word. Volg die skakel op www.proagri.co.za. Dankie vir die tyd wat u neem om hierdie vraelys te voltooi. U mening is baie belangrik vir ons en die opname sal nie langer as 5 tot 7 minute neem om te voltooi nie.

In watt er provinsie woon/boer u? Gauteng Wes-Kaap Noord-Kaap Oos-Kaap Noordwes Limpopo Vrystaat KwaZulu/Natal Mpumalanga Buurland (spesifi seer asb) ......................................................

Geslag Manlik Vroulik

Ouderdom: <17 jaar 18 – 24 jaar 25 – 34 jaar 35 – 44 jaar 45 – 54 jaar 55 – 64 jaar >65 jaar

Watt er stelling sal u die beste beskryf? Voltydse boer Deeltydse boer Plaaswerker Boer se gade Boer saam met pa Plaasbestuurder Student/skolier Landbouverskaff er Landbougeesdrift ige Ander (spesifi seer asb) .................................................... ....................................................

Vertel ons asb meer van uself

1. Is u ’n lid van enige van die volgende landbou-organisasies? Kies asb almal van toepassing of merk “Nee” indien u nie aan een behoort nie. Agri SA TLU SA AFASA NAFU Nee, ek is nie ’n lid van enige georganiseerde landbou nie

2. Wat is u siening oor georganiseerde landbou? Dui aan op die volgende skale.

Georganiseerde Landbou

4 = Waarde vir geld 3 2 1 = Te duur

4 = Oorbodig 3 2 1 = Noodsaaklik

4 = Lewer ’n goeie 3 2 1 = Lewer geen diens aan landbou bydrae aan landbou

Lede van georganiseerde landbou

3. Merk asb u tevredenheid met u organisasie se standpunt oor die volgende aspekte deur die skaal van tevredenheid te gebruik

Landelike veiligheid

Arbeidswetgewing

Grondhervorming

Eskom

AgriSEB

Watersuiwerheid

Voedselsekerheid

Grondbelasti ng

Tolhekke

Baie tevrede Tevrede Ontevrede Baie ontevrede NVT –

Indien u ’n lid van georganiseerde landbou is, beantwoord asb die volgende vraag.

Pos aan: Landbou-opnamePosbus 912-51Silverton, 0127of faks aan: 086-693-8001

nie bekend met standpunt

Nie-lede van georganiseerde landbou

Indien u nie ’n lid van georganiseerde landbou is nie, beantwoord asb vrae 4 tot 94. Was u tevore n lid van georganiseerde landbou ? Ek was tevore ‘n lid maar is nie meer nie Ek was nog nooit ‘n lid nie

8. Indien u een sou kies, wat is die hoofredes waarom u hierdie organisasie kies? Verskaf asb tot 3 redes.a. _______________________________________b. _______________________________________c. _______________________________________

9. Wat sou u as ’n billike lidmaatskapbedrag beskou om aan ’n landbou-organisasie te behoort wat in alle opsigte aan u behoeft es sou voldoen? tot R5 000 per jaar tot R3 000 per jaar tot R1 500 per jaar

6. Watt er van die volgende stellings beskryf u houding in verband met lidmaatskap? Ek oorweeg dit om ‘n lid te word Ek sou dit oorweeg indien sekere dinge verander (bv meer waarde, laer koste) Ek benodig eers meer inligti ng voordat ek kan besluit Ek sal dit nie sommer oorweeg om ‘n lid te word nie

7. Indien u sou oorweeg om ’n lid te word van georganiseerde landbou, wie sou u oorweeg? Agri SA TLU SA AFASA NAFU Ek weet nie/nie seker nie

5. Watt er van die volgende redes beskryf hoekom u nie aan georganiseerde landbou behoort nie? Kies almal wat van toepassing is. Ek is ‘n lid van ‘n bedryfsorganisasie Ek sien nie genoeg waarde daarin nie Ek weet nie baie van georganiseerde landbou af nie Ek kry in elk geval al die voordele wat hulle beding Ek baklei liewers self vir my sake Dit is te duur om ‘n lid te wees Ander (Sê ons asb) _______________

Bly die komende winter snoesig warm en droog met ’n K-Way Antares 3-in-1 baadjie van Cape Union Mart.

Neem sti l-sti l ’n hoë gehalte video met klank op met die Mini DV Camera wat in jou

handpalm pas.

Alles wat jy nog ooit oor boerdery met kleinvee wou weet is vervat in die prag-boek, Boer met Kleinvee, wat deur Kejafa Knowledge Works uitgegee is.

Geniet dr Paul van Dam se koffi etafelboek oor Suid-Afrika se grootste uithourit: Fauresmith.

Pryse in die spel:

1

2

5

3

4

Om vir een van die pryse in aanmerking te kom, vul asb jou kontakbesonderhede in. Dit sal vertroulik hanteer word:

Naam:..............................................................................................

Tel no: .............................................................................................

E-posadres: .....................................................................................

Posadres: ........................................................................................

.........................................................................................................

Twee boere kan ProAgri elke maand in die posbus kry met ’n jaar se grati s intekening.

6Wen een van twee Mushroom Wireless luidsprekertjies vir lekkerluister orals.Stuur in voor 20 April 2014

Verblyfreg impliseer dat die okku-peerder sekere gebruik (gebruiks-

regte) van die plaas, of dele van die plaas, het, dikwels tot uitsluiting van die eienaar en ander persone (by-voorbeeld huurders of ander okku-peerders). Die aard en die omvang van daardie gebruik verskil noodwendig van plaas tot plaas. Die verblyfooreenkoms sal bepaal of die okkupeerder die deel op die plaas vir sy uitsluitlike gebruik het, of hy die gebruik daarvan moet deel met hetsy ander okkupeerders of die grondeienaar en/of persone in beheer. Dikwels is dit slegs enkele hektare of klein stukkies, wat nie enige wesen-like impak het op die gebruik van die plaas deur die grondeienaar/huurder/persoon in beheer nie. Daar is egter gevalle waar die deel wat deur die okkupeerder gebruik word wesenlik in omvang is en dit die grondeienaar of persoon in beheer se gebruik van die plaas ernstig inkort. Hierdie regte is nie geregistreer nie en daar is geen amptelike bron waaruit hierdie regte vasgestel kan word nie, of waar dit aangeteken is nie. Vir enige verkoper en verhuurder is dit derhalwe noodsaaklik om die potensiële koper of huurder volledig in te lig oor die aard en omvang van okkupeerders se regte. Indien nie, kan die verkoper/verhuurder moontlik deur

die koper/huurder aanspreeklik gehou word vir wanvoorstelling en hy kan die kontrak kanselleer, of ’n vermindering in die kontrakprys eis, of skadever-goeding eis. ’n Koper/huurder wil tog nie ten duurste betaal vir grond wat hy nie kan gebruik nie! Daar is verdere redes hoekom die verkoper/verhuurder ʼn koper/huurder ten volle van die omvang van die okkupeerders se regte moet inlig. Okkupeerders is gou om op te merk dat die koper/huurder nie bewus is van wat die presiese omvang van hulle regte is nie. Hulle misbruik dan die situasie deur hulleself meer regte toe te eien as wat die aanvanklike ooreen-koms bepaal het. Die okkupeerders in so situasie sal byvoorbeeld die heinings om hulle woonarea groter span sodat hulle meer plek het om aan te bou. Hulle sal ook aanbou sonder toestemming, of meer vee aanhou, of vee op die plaas bring waar hulle aanvanklik nie toestemming gehad het nie. Hulle sal ook hulle vee op ander dele van die plaas laat wei waar hulle nie voorheen toestemming gehad het nie, of plant sonder toestemming op lande waar-voor hulle nie toestemming gehad het nie, of lande groter maak sonder toestemming. Die gevolg is, die ongeligte koper/

huurder se gebruik van die plaas word verder ingeperk deur hierdie onregmatige gebruik deur okkupeerders. As die koper/huurder egter ingelig is oor die presiese aard en omvang van die okkupeerders se regte kan die okkupeerders

relatief maklik op terme geplaas om hulle oorskrydings reg te stel, en in-dien nie, kan regsaksie geneem word om dit reggestel te kry.

Wat waardeerders in ag moet neem Noodwendig kan die waarde van ʼn plaas beïnvloed word deur hierdie (ongeregistreerde) verblyfregte van okkupeerders. Dit hang af wat die omvang van die verblyfregte is en of die verblyfregte op ’n deel van die plaas uitgeoefen word wat die boerde-rybedrywighede op die plaas nadelig beïnvloed, al dan nie. Noodwendig sal ’n koper/huurder in so geval waarskynlik minder betaal aan koopprys/huur hoe groter die impak van die verblyfregte is. Waar-deerders moet derhalwe dit in ag neem by die waardasie van ’n plaas ten einde ’n koopprys- of huurbedrae vas te stel.

Hulpbronbestuur

P

Verblyfreg:Die invloed op koopooreenkomste

Volgende keer bespreek ons die invloed van verblyfreg op boedels en huurkontrakte en kyk na die nuwe bepalings wat die regering wil invoer. Vir meer inligting, kontak Tiaan van Dyk by 082-825-8876. Hierdie is ’n inligtingsartikel; vir regsadvies, kontak asb ’n prokureur.

Tiaan van Dyk gee inligting oor die wetgewing rakende verblyfreg (ESTA-wet). In die vorige afl ewerings het hy die beëindiging van verblyfreg en die proses van uitsetting bespreek. In hierdie uitgawe bekyk ons die invloed van verblyfreg op kopers en huurders.

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 33

Wanneer die vloot trekkers op die SANCOR-boerdery se plaas tus-

sen Middelburg en Bethal begin brul, kan jy maar weet, dit is Shell Diesel Extra wat die woema in die wiele sit. PORTA Verspreiders, Shell se Topverspreider in die Middelburg-gebied, verskaf al die diesel en ook al die smeermiddels wat nodig is op die plaas. Jannie Schoeman sê dit is ’n plesier om met Anton Verwey en sy span van PORTA sake te doen. “Ons het nooit ’n probleem met voorraad nie. As ek vanoggend bestel, kry ek vanmiddag my diesel,” sê hy. Jannie sê hy waardeer dit ook dat Anton hom ingelig hou oor toekoms-tige prysbewegings. Hy sal hom byvoorbeeld laat weet om ’n bestelling bietjie terug te hou as daar ’n prysda-ling kom of om betyds te bestel as die prys gaan styg. “Hy sal my byvoorbeeld ook laat weet as hulle in die omgewing by iemand anders afl ewer en daar is ’n halwe tenk oor wat hy dan teen ’n redelike prys aan my kan bied.” Anton het die onderneming in 1996

gekoop toe dit net diesel verkoop het. Hy het baie gou met uitbreidings begin soos om ook Shell se oliereeks in te sluit. Hy sê: “Ek het hier grootgeword en ken die omgewing en sy mense, wat my gehelp het om ons verkope drasties te verhoog teenoor die vorige eienaar s’n.” Anton het veertien vragmotors wat afl ewerings in ’n straal van 100 km rondom Middelburg doen. Hy gaan laai sy diesel by die Shell-depot op Wit-bank en hy het drie vragmotors wat van daar af ook afl ewer. Hy verskaf onder meer op Witbank aan ’n Shell-diesel kleinhandelstak wat nou reeds as deel van die Topversprei-dersprogram duidelik met die bekende Shell-handelsnaam kan spog. Ander kliënte sluit heelwat van die magdom myne op die Hoëveld in, asook nywerhede en vervoermaat-skappye. Hy het egter ’n spesiale verhouding met boere, want hy het immers self ’n plaas anderkant Marble Hall waar hy eksotiese wild teel. En boere is goeie kliënte: “Nog nie een keer in die 18 jaar wat ek nou in hier-

die bedryf is, het ’n boer versuim om my te betaal nie!” Anton sê as Topverspreider is die deur nou vir hom oop om sy afl e-weringsgebied te vergroot. Met Shell se ondersteuning kan hy ook meer be-marking doen en hulle help hom met die ontwikkeling van ’n sterk nuwe korporatiewe identiteit. Johan Schmidt, verkoopbestuur-der van PORTA Verspreiders, sê nog voordele van die nuwe verbintenis met Shell is gespesialiseerde opleiding van verkooppersoneel en ander personeel, soos die vragmotorbestuurders. “Van die manne wat al jare vir ons ry, het na die gevorderde bestuurs-opleiding gesê hulle kan nie glo hoe baie hulle geleer het nie.” Die opleiding is ook deel van die streng vereistes met betrekking tot omgewingsgesondheid en -veiligheid wat Shell aan sy Topverspreiders stel. Die maatskappy moes ook deur ’n swartbemagtigingsproses gaan en nou kan niks hulle stuit nie. Met sy 20 jaar ondervinding by Shell, is Johan ook die regte man om op die boer se plaas kosteloos net die beste aanbevelings rakende smeer-middels te doen. Die streekbestuurder van Shell SA in die noorde, Francois Oelofsen, sê PORTA was ’n maklike keuse vir ’n Topverspreider omdat hulle gretig is om te groei en te ontwikkel en omdat hulle Shell se waardes van integriteit, eerlikheid en respek deel. “Dit is vir ons baie belangrik dat ons almal saam in die dieselfde koers trek en groei,” sê hy. PORTA was ook van die begin af ’n lojale kliënt van Shell. Shell SA het die Topverspreiders-program ingestel omdat hulle besef het hoe waardevol dit is om toe-gewyde herverspreiders op strategiese plekke in die land te hê wat hulle plaaslike omgewing ken en rats diens kan lewer. Net agt verspreiders is tot dusver gekeur. Die Topverspreiders geniet voorkeur met laaiwerk by Shell se depots, maar Anton sê die grootste voordeel is dat mense nou duidelik sal kan sien dat die diesel wat hulle koop goeie gehalte Shell Diesel Extra is met al sy skoon-brandeienskappe. “Van ons kliënte wat self toetse gedoen het, ondervind tot ’n 4,5% besparing in dieselverbruik, hoewel ons die syfer amptelik op 3% stel; en dan geniet hulle ook die voordeel van die teenskuimtegnologie. Wanneer die trekkers in ’n ry staan vir diesel tydens planttyd, is daar nie tyd om te wag vir skuim om te sak nie!”

Hulpbronbestuur

Vind uit wie jou plaaslike Shell-verspreider is deur Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 te skakel of stuur ’n e-pos na [email protected].

P

Shell lewer skitterdiesel-Shell lewer skitterdiesel-diens op die Hoëvelddiens op die Hoëveld

Johan Schmidt, verkoopbestuurder, PORTA, Francois Oelofsen van Shell SA en Anton Verwey, eienaar van PORTA, voor een van sy veertien vragmotors wat die Hoëveld van Shell Diesel Extra voorsien.

Jannie Shoeman (links) van SANCOR-boerdery sê Anton Verwey se diens aan boere is uit die boonste rakke.

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 35

NEW

NUUT

Beheer die simptome van melkkoors, Beheer die simptome van melkkoors, domsiekte en swak eetlus.domsiekte en swak eetlus.

• opti maliseer melkproduksie en-kwaliteit by ooie met twee- en drielinge• sti muleer eetlus• opti maliseer vrugbaarheid en konsepsie• maklik om te meng en doseer of gooi in drinkwater

CalCiVita Recharge for Sheep bevat Kalsuim, Magnesuim, Probiotika (flora), Selenium, elektroliete en Vit. A, B, D, E en K

Distributor: Four Lakes Importers & ExportersPO Box 60913, Table View 7439

CK 2003/025506/23, Tel: 021-557-0606, e-mail: [email protected] Visit www.calcivita-recharge.co.za

Kontak Johannes Jansen 082 560 0949

GEE JOU OOIE ’N HUPSTOOT!

BESKIKBAAR LANDSWYDBESKIKBAAR LANDSWYD

36 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

Niemand van ons sal lewend uit hierdie lewe kom nie. Hierdie

oomblik van waarheid kan aan die einde van ’n lang lewe kom, maar dit kan ook kom wanneer ons dink ons het nog baie lewe oor in hierdie lewe. Verder sal minstens een uit vier van ons permanent ongeskik word vir werk voor die ouderdom van 60. Koos Nel, hoof: Agrimark, Old Mutual verduidelik: “Opvolging in ’n familieboerdery is nie noodwendig net ’n toekomstige gebeurtenis nie en dit is van kardinale belang dat daar be-plan moet word vir ongewenste risiko’s soos dood en permanente ongeskikt-heid. Om ’n landbousaak vir toekoms-tige geslagte te bewaar, is ’n edele doel en daar moet ’n plan gereed wees om te verseker dat die familieboerdery overpoosd kan voortgaan indien iets met die huidige eienaarbestuurder gebeur voor normale aftrede.”

Die ooglopende redes vir ’n behoorlike familierisikoplan is:

1. Dit is in die huidige eienaar se persoonlike belang om dit wat hy deur swoeg en sweet opgebou het te bewaar vir toekomstige geslagte. Dis die nalatenskap van ’n ware rentmeester.

2. Ons familie is ons kernverant- woordelikheid en die grootste moontlike geskenk aan hulle is ’n nalatenskap wat hulle sal versorg en hulle in staat sal stel om hulle volle potensiaal te bereik.

3. Gemoedsrus aan ons kliënte deur dat die familieboerdery overpoosd kan voortgaan.

4. Gemoedsrus aan lojale werkne- mers wat ons bygestaan het om die familieboerdery uit te bou.

Hulpbronbestuur

Vir meer besonderhede oor familie-risikobeplanning, kontak jou geak-krediteerde fi nansiële adviseur of vir Koos Nel via e-pos by: [email protected].

Is jou familieboerdery Is jou familieboerdery ’’n bate n bate of of ’’n las vir jou nageslag? n las vir jou nageslag?

P

Risikobestuur verg deeglike beplanning om ’n familie-boerdery te beskerm teen ongewenste gebeure

Tipiese sake wat in die familie-risiko-plan ingesluit moet word, is: Skuld Die meeste eienaars moet persoon-like sekuriteit verskaf vir skuld, en lewens- en ongeskiktheidsdekking is ’n eenvoudige, en meestal die mees kostedoeltreffende manier om skuld af te los en die nageslagte in ’n beter situasie te laat vir die toekoms. Om skuld te erf, is nie ideaal nie.

BelastingGoeie fi nansiële beplanning kan baie belasting bespaar en keer dat verskil-lende vorms van belasting die boedel onnodig beswaar.

OnderhoudskosteAfhanklikes moet versorg word en daar moet beplan word vir hulle noodsaaklike lewensonkoste.

Opgedateerde en uitvoerbare testamente en trusts Wetgewing verander voortdurend en dit is daarom belangrik dat testamente en trusts gereeld hersien word om te verseker dat dit prakties uitvoerbaar is. “Old Mutual hanteer talle boedels en ondervinding het ons geleer hoe maklik dit is dat ondeurdenkte testa-mente onbeplande slegte gevolge kan meebring. ’n Voorbeeld is ’n testament waar die boer die plaas aan sy seun nagelaat het en die seun die helfte van die waarde van die plaas aan sy susters moes uitbetaal. Daar was ook skuld wat betaal moes word en die seun se enigste oplossing was om die plaas te verkoop om sy susters te kon betaal en die skuld af te los. Dit was verseker nie die bedoeling van die afgestorwene nie, maar dit is die tipiese resultaat van swak fi nansiële beplanning. Maak dus seker dat jou fi nansiële beplanning die resultate lewer wat jy beoog,” is Koos se raad.

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 37

38 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

’n Kenmerk van kabels is die kinkels van verlore verbindings op kritieke

tye, diefstal, en die hoë koste en lang wagtye wat onderhoud of herstelwerk aan kabelverbindings verg. Dit alles knou inkomste en kos geld en daarom maak draadlose stelsels vir sake- sowel as huislike behoeftes al hoe meer sin. Draadlose beheer verg ook nie meer ’n span installeerders en pro-grammeerders nie – die boer kan self sy simkaart installeer en sy draadlose

verbindings tussen sy toerusting op die plaas, sy telefone, internetverbindings, kameras, pompe en ander plaasprosesse programmeer om sy eie behoeftes te pas. Die tegnologie wat al hierdie dinge moontlik maak bestaan uit draad-lose GSM-tafeltele-fone met ingeboude internetskakeling wat boonop deur WiFi oral in die huis of kantoor beskik-baar is sonder om drade te span. Die fone kan terselfder-

tyd selfoonteksboodskappe stuur en ontvang en dit bied ook e-posadresse aan die boer en sy gesin. Waar die sein swak is, kan byko-mende antennas gekoppel word om dit te versterk. Dieselfde geld vir kamera-kontrole oor prosesse en vir beheer soos die skakeling of meting van waterlewering, elektrisiteit- en gasver-bruik, pompe, hekke, spilpunte, ligte, temperatuurbeheer in byvoorbeeld hoenderhuise en ander stelsels – alles vanaf die boer se selfoon.

Hulpbronbestuur

P

Neem volle beheer Neem volle beheer sonder draadwerksonder draadwerk

Die stelsel maak ook voorsiening vir kostedoeltreffende waarskuwingstel-sels vir veiligheid wat sonder ’n enkele draad behalwe die muurprop s’n werk. Daarmee kan sensors by deure en vensters, rooksensors, bewegingsen-sors en paniekknoppies wat alles met batterykrag werk binne minute geïn-stalleer of verskuif word. Dit alles kan met teksboodskappe van selfone af beheer word en dit kan so geprogrammeer word dat dit van-self vyf bure bel as daar moeilikheid kom. As die boer ’n “Smartphone” het, kan hy ’n klein toepassing van die internet afl aai wat die foon in ’n afstandbeheerstelsel verander. Hierdie soort stelsel kan selfs in woonwaens, tente, werkers se huise, vakansie-huise, herberge en hotelkamers in werking gestel word sonder die duur hulp van gespesialiseerde kundiges. Wat al hierdie draadlose stelsels nog interessanter maak, is die feit dat die nommer wat aan jou simkaart toegeken is, jou nommer vir ’n leeftyd is; waarheen jy ook al trek gaan jou oplossings saam. Sou dit breek, kan dit in ’n paar minute omgeruil word en dit maak die boer heeltemal los van kabeldiefstal, knaende weerlig- en waterprobleme en tegnici wat weke vat en dikwels ’n plaas se prys vra om herstelwerk ordentlik te doen.

Truteq Devices – Wireless GSM Soluti ons for Remote: Automati on, Connecti vity, Security, Agriculture, Video, Voice & Data

www.truteqdevices.com 012-667-1530 [email protected]

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 39

40 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

Veiling

s

Bostrum BonsmarasBostrum Bonsmaras

www.bostrumbonsmara.co.zawww.bostrumbonsmara.co.za

11 April 2014 op Lydenburg

Gustav 082-870-8929 Dieter 083-634-8483

35 Bonsmara bulle, 2,5-3 jaar en verskeie is poenas

50 Vroulike diere - ook 3 in 1

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 41

Veilin

gs

42 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

Ge

neG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 43

Ge

neG

ids

AgriTra

de

r

44 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

Ons bou ’n doelgerigte wa volgens jou KEUSE en ruil waens in!

www.nictrailers.co.za

MOENIE VERDER SUKKEL NIE, KOM KOOP HOM EN GENIET HOM - DIT IS ’N GOEIE BELEGGING !

Kontak ons: Tel: 018-673-0224 / 082-859-0904 / E-pos: [email protected]

We deliver smartly!

AgriTra

de

r

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 45

AgriTra

de

r

Call Willi @ 082-896-1896 034-995-9905

Paulpietersburg

New Holland 7840 4x2 Farm trailer 10 ton no papers

R 25 000

R 85 000

R 90 000

with full Prbb transport conversation.

Can be used as normal tractor.

18 ton Prbb trailer with air suspension. Good condition.

plus VAT

plus VAT

plus VAT

Kubota’s gaan nou ook in Frankryk gebou word

Kubota-trekkers gaan van volgende jaar af ook in Frankryk gebou word. Die maatskappy het aangekondig dat bouwerk aan ’n trekkerfabriek in die noorde van Frankryk, naby Dunkerque, in Desember 2014 sal begin.

Die trekkers behoort teen April 2015 by die aanleg te begin uitry en die plan is om uiteindelik 3 000 eenhede per jaar daar te vervaardig. Die hoofbestemmings vir die trekkers (van 95 tot 125 kW) is Europa, Noord-Amerika en Japan.

Die koste van die projek is 40,3 miljoen Euro.

Yasuo Masumoto, president en hoofuitvoerende beampte van Kubota sê hulle het ten doel om wêreldwyd as landboumasji-nerievervaardiger hulle merk te maak met betrekking tot die ver-bouing van ’n wye reeks gewasse. Hy sê Kubota het

onlangs Kverneland SA be-kom, juis met die doel om hulle mark-aandeel te vergroot en die nuwe fabriek sal hulle help om die doelwit te bereik.

Smith Power Equipment het ook onlangs sy teenwoor-

digheid in Suid-Afrika vergroot met die uitbreiding van sy Kubota-monteeraan-leg in Johannesburg

na 6 000m2.

www.kubotasa.co.za

46 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

AgriTra

de

r

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 47

AgriTra

de

r

AgriTra

de

r

48 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

AgriTra

de

r

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 49

2014 Amarok D/C 103kW 2.0 TDI Trendline 4x2

Mc Carthy Volkswagen Silver OaksNew Vehicles Sales Executive: Wouter BotesTel: 012 809 8000 Cell: 082 769 1389

From: R344 500Save: R40 000

Only at Mc Carthy Volkswagen Silver Oaks.Terms and conditions apply. Car featured fitted with optional equipment.

AgriTra

de

r

50 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

Pompe en motors van 0,5 kW tot 5,5 kW kan omgeskakel word.

Vanaf R6 223 tot R11 826

Kontak ons vir enige sonkragstelsels - huishoudelik en kommersieelPryse sluit BTW en vervoerkoste uit

Ons werk landwyd

Weg met kragonderbrekings!Bespaar duisende op jou kragrekening!

Verander jou bestaande dompel-pomp, sentrifugale pomp of enige toerusti ng met ’n 3-fase motor na sonkrag met ons reëlbare-spoed-om-sett er (variable speed drive converter).

Verleng die leeft yd van jou elektriese motors met ons omskakelaar se “sagte” aansit.

Wilco van Niekerk: 072-390-6183www.secure-automati on.co.za

AgriTra

de

r

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 51

AgriTra

de

r

52 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 53

Twe

ed

eha

nds

Twe

ed

eha

nds

54 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

Twe

ed

eha

nds

www.proagri.co.za ProAgri 169 – Maart / March 2014 55

56 ProAgri 169 – Maart / March 2014 www.proagri.co.za

Twe

ed

eha

nds

km waarborg