Malutima 20140611

  • View
    245

  • Download
    5

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20140611

Text of Malutima 20140611

  • TEL: 058 303 5411 WOENSDAG 11 JUNIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

    Koerant met hart The paper with heartI

    Lynda Greyling

    VIER mans wou n egpaar van Bethlehem se

    huis binnekom om hul elektrisiteitsmeter na

    te gaan. Met n inbraak by hul bure n paar

    dae vantevore, het Bets Beukes hulle

    toegang geweier. Sy s daar was n vragmo-

    tor met n vreemde vorm voor die huis. Dit

    het vir haar soos n mobiele kliniek gelyk.

    Daar was n kenteken op die deur, maar dit

    was baie oud en verbleik en sy kon nie

    uitmaak wat daar staan nie.

    Die mans het daarop aangedring dat hulle

    van die Dihlabeng-munisipaliteit is en dat

    hulle hul werk moet doen. Beukes het vir

    identifikasie gevra, waarop die een vies na

    die kenteken op sy oorpak gewys het. Dit

    was n kenteken van die Dihlabeng-munisipa-

    liteit. Die mans het hulself steeds nie

    gedentifiseer nie.

    Beukes se man, Abrie, het intussen kom

    hoor wat aangaan en sy vrou in haar besluit

    gesteun, waarna die mans weg is.

    Volgens Tseliso Maitse, woordvoerder van

    die Dihlabeng-munisipaliteit, maak die

    elektriese afdeling van die eertydse mobiele

    kliniek gebruik. Elektriese oudits word gereeld

    gedoen om vas te stel of inwoners nie dalk

    met die toerusting peuter en krag onwettig

    bekom nie. Hulle maak wel van vier perso-

    neellede gebruik. Een is n gekwalifiseerde

    elektrisin en die ander drie vakleerlinge wat

    praktiese ondervinding moet opdoen.

    Gedurende die inspeksie van meters word

    daar van hulle verwag om hulself met hul

    name en die munisipaliteit se kenteken te

    identifiseer iets wat in hierdie geval net die

    kenteken was.

    ) Vier mense wat hulle as werknemers van

    Eskom voordoen, het al goedere uit huise in

    n hele paar Oos-Vrystaatse dorpe gesteel.

    Hulle was veral in Lindley bedrywig.

    Volgens n woordvoerder van die polisie s

    hulle hulle verteenwoordig Eskom en dat

    hulle gloeilampe vervang om sodoende

    toegang tot huise te kry.

    In sommige gevalle doen hulle hulle as

    munisipale werkers voor wat moet toesien

    dat die elektrisiteit- of waterprobleem in die

    woonbuurt reggestel word. Inwoners word

    versoek om geen vreemdelinge in hul huise

    toe te laat nie en moet ook hul huiswerkers

    daarvan verwittig.

    Vra altyd

    vir name

    DA-voorsitter vermoor.

    Lees meer op

    www.malutinews.co.za.

    OUDRUGBYSPELERS van die Oudskolie-

    reklub het van heinde en ver gekom om

    Saterdag die bekendstelling van die klub

    se boek Bethlehem-Oudskoliere-Rugby-

    klub: 1961 tot 2010 by te woon.

    Met inligting wat van verskeie oudse-

    kretarisse, -bestuurslede en -spelers

    verkry is, het Thys van Tonder en Stoney

    Steenkamp die boek saamgestel. Elsab

    van Tonder, ook bekend as Tannie

    Rugby, het die tikwerk gedoen.

    Die Bethlehem-Oudskoliereklub is

    destyds deur oudleerlinge van die

    Horskool Voortrekker en die eertydse

    handelskool gestig. Wyle John Ferreira,

    Nancy Breytenbach se pa, was die eerste

    voorsitter.

    Tienie van den Berg, Marius Wessels

    en Beattie Jooste, almal van Pretoria, wat

    Saterdag die bekendstelling bygewoon

    het, was die eerste om vir Oudskoliere uit

    te draf.

    Die boek bevat statistieke en fotos van

    1961 tot 2010. Daar is ook heelwat

    staaltjies, onder meer oor Frans Coetzee,

    n oudredaksielid van Volksblad.

    Steenkamp s die klublede is passievol

    oor hul spel en Randell September van

    die Griffons-rugbyunie het dit beaam. Hy

    s oral waar hy kom of dit nou Lady-

    brand of Rovers is is Oudskoliere altyd

    deel van die gesprek. Die ander spanne

    wil Oudskoliere meestal klop . . .

    Boek sien die lig

    STONEY STEENKAMP (links), Elsab van Tonder en Thys van Tonder was vir die boek BethlehemOudskoliereRugbyklub: 1961 tot 2010

    verantwoordelik. Nog fotos by www.malutinews.co.za. Foto: Lynda Greyling

  • 2 MALUTI, WOENSDAG 11 JUNIE 2014

    Leer deur toneelopvoering

    PERSONEEL van die polisie se kinderbeskermingseenheid in Kroonstad, asook van Korrektiewe Dienste en

    Engo, het in Kinderbeskermingsweek by verskeie skole, onder meer die Laerskool Truida Kestell, n toneelstuk

    opgevoer. Dit was om kinders van die gevare van onder meer dwelms, alkoholmisbruik en molestering bewus

    te maak. Hier is leerlinge aan die Laerskool Truida Kestell van links Hannes Kruger, Len Kruger, Serero

    Motloung, Megan Lourenco, Jamie-Lynn Azar, Ren Meyer, Cara van Wyk en Reuben Brussow.

    Kinderbeskermingsweek/Child ProtectionWeek

    HOW can we as a community in

    the Eastern Free State help to

    protect our children?

    Most of us are aware of one of

    the most recent cases of child

    neglect and abuse in Springs

    during which five children were

    allegedly abused both physically

    and emotionally in numerous ways

    for a long period of time. Due to

    this case and the seriousness

    thereof it was felt that a need

    exists to inform the public again on

    how to report any suspicion of

    child abuse or neglect to the

    relevant professionals as to ensure

    the safety and protection of our

    children.

    How do I report child abuse

    and/or child neglect

    As a professional person:

    According to Section 110(1) in

    the Childrens Act (no. 38 of 2005),

    any person who on reasonable

    grounds concludes that a child has

    been abused in a manner causing

    physical injury, is sexually abused

    or deliberately neglected, must

    report that conclusion in the

    prescribed form to a designated

    child protection organisation, the

    provincial Department of Social

    Development or a police official.

    Any person includes the follo-

    wing: any correctional official,

    dentist, homeopath, immigration

    official, labour inspector, legal

    practitioner, medical practitioner,

    midwife, minister of religion, nurse,

    occupational therapist, physiothera-

    pist, psychologist, religious leader,

    social service professional, social

    worker, speech therapist, teacher,

    traditional health practitioner,

    traditional leader or member of

    staff or volunteer worker at a

    partial care facility, drop-in centre

    or a child- and youth-care centre.

    ) For an indepth report on child

    protection visit www.maluti-

    news.co.za.

    Abuse:What to do

    if you suspect it

    CONTACT NUMBERS

    to report possible child

    abuse or neglect:

    Police

    ) SAPS: 10111

    (after hours)

    ) Child Protection Unit:

    058-303-5891

    Child protection

    agencies

    ) Bethlehem Child and

    Family Welfare: 058-303-

    4701 (office hours)

    ) Free State Care in

    Action: 058-303-5319

    (office hours)

    Department of Social

    Development

    ) Social Development: 058-

    307-7500 (office hours)

  • MALUTI, WOENSDAG 11 JUNIE 2014 3

    Laura Greeff

    HANSIE JORDAAN, wat die

    afgelope paar jaar verskeie kore

    afgerig en onlangs by die Passie-

    spel betrokke was, verhuis

    binnekort.

    Laura Greeff, lesersjoernalis van

    Maluti, het hom n paar vrae

    gevra.

    Vertel my van jou grootword-

    jare.

    Ek is gebore, het skoolgegaan

    en het onderwys in Burgersdorp in

    die Oos-Kaap gegee. My liefde vir

    musiek en die kunste kom van

    kleintyd af. Ek was 19 jaar n

    musiekonderwyser aan die

    Horskool Burgersdorp voordat ek

    Bethlehem toe verhuis het.

    Waar het jy gestudeer en

    hoekom het jy op onderwys en

    musiek besluit?

    Ek het al my studie deur Unisa

    gedoen en deeltyds aan die

    Universiteit van die Vrystaat (UV)

    gestudeer. Ek wou nog nooit iets

    anders as musiek studeer nie. Ek

    onthou nog die eerste dag van my

    loopbaan as musiekonderwyser

    op daardie oomblik het ek geweet

    dit was die regte besluit.

    Hoe het jou pad na Bethlehem

    gelei?

    Musiekonderwys is n intensiewe

    beroep wat n mens na n afge-

    sonderde wreld kan laat verdwyn.

    Dit is belangrik om nie perspektief

    te verloor van die mense en

    wreld om jou nie. Ek het n

    aanbieding in Bethlehem gekry om

    n gastehuis te bestuur. Ek het

    dadelik ja ges en musiekonderrig

    twee jaar lank laat vaar. Dit was

    my rusjare van musiek, maar toe

    roep die musiek my weer . . .

    Hoe lank is jy in Bethlehem?

    Die einde van 2014 sou dit agt

    jaar wees.

    Waar het jy skoolgehou?

    By die Horskool Hofmeyr,

    Horskool Burgersdorp, Laerskool

    Truida Kestell en natuurlik koor

    afgerig by die Horskool Witte-

    berg, Laerskool Jordania en n

    rukkie by New Horison in Bethle-

    hem.

    Jy het ook lank gastehuise

    bestuur. Enige raad wat jy met

    ons kan deel?

    Moenie dat moeilike gaste jou

    liefde vir die bedryf kelder nie.

    Jy was ook n baie bekende

    gesig agter die orrel. Waar het

    hierdie passie ontstaan?

    Die instrument het my van

    kleintyd af gefassineer. N my

    orrelstudie in Bloemfontein het ek

    besef dit is n instrument wat my

    na aan die hart sal bly.

    Wat van Bethlehem gaan jy

    die meeste mis?

    Die mooi natuurskoon om

    Bethlehem, die mooi kerke met

    hul pragorrels en Clarens wat so

    naby was en my mos-mense en

    vriende vir wie ek so lief geraak

    het.

    Nou die groot vraag. Waar-

    heen gaan jy en wat gaan jy

    daar doen?

    Ek