16
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 25 JUNIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Lynda Greyling ’n MA moes vir haar tiener kos en medisy- ne na die intensiewesorgeenheid van die Dihlabeng-hospitaal neem nadat die hospitaal een van talle in die Vrystaat is wat weens die departement van gesondheid se benarde geldsake nie meer oor die nodige medisyne, toerusting en kos beskik nie. Dié ma, wat weens geldige redes anoniem wil bly, sê haar kind was een van die passasiers wat met ’n pasiëntbussie van die gesondheidsdepartement naby Petrus Steyn in ’n ongeluk was. Hy het onder meer hoofbeserings opgedoen waarna hy in die intensiewesorgeenheid van die Dihlabeng- hospitaal opgeneem is. Hy is intussen na ’n gewone saal oorge- plaas. Sy moes onder meer pynstillers en verkouemedisyne vir hom koop. Sy is egter baie ontsteld oor ’n verpleër wat haar kind deur die gesig geklap het omdat hy kwan- suis nie wou luister en maak soos hy gevra is om te doen nie. “Hy is dan deurmekaar, hy verstaan dan nie wat hy moet doen nie.” Dr. Bennie Malakoane, LUR vir gesond- heid, het gesê ’n geldtekort is die kernpro- bleem by die Vrystaatse gesondheidsdepar- tement wat jaarliks R4 miljard meer vir dienslewering benodig. Dié departement is nou onder provinsiale administrasie geplaas. Die provinsiale tesourie reguleer nou die finansies. Mariette Pittaway, die DA se woordvoer- der vir gesondheid in die Vrystaatse wetgewer, het Maandag ’n skrywe aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gerig om die menseregteskendings deur die LUR vir gesondheid, dr. Benny Malakoane, en die Vrystaatse departement van gesondheid te ondersoek. “Ons is van mening dat menseregte gereeld by verskeie mediese geriewe in die Vrystaat geskend word weens Malakoane en die departement se administratiewe en finansiële wanbestuur. “Van die onlangsste menseregteskendings is by die Dihlabeng-hospitaal. “Daar is ’n tekort aan mediese toerusting, mediese verbruiksartikels en kos.” Maluti verneem die hospitaal het by die Dihlabeng-munisipaliteit om hulp aangeklop om kos vir pasiënte te koop. Die munisipali- teit is egter nie in staat om dit te doen nie en moontlikhede word ondersoek om skenkings te verkry. Daarby kan dokters nie die nodige opleiding aan jong dokters wat hul prakties moet doen, verskaf nie, weens ’n tekort aan toerusting. Daar is ook ’n tekort aan kos by die John Daniel Newberry-hospitaal in Clocolan. Daar is ’n tekort aan antiretrovirale middels, spesifiek D410, oor die Vrystaat heen. Daar is ’n tekort aan personeel by die meeste geriewe. Daar word nagelaat om dokters, verpleegkundiges, aptekers en dieetkundiges aan te stel. Pittaway sê die DA versoek die Mense- regtekommissie om ’n omvattende onder- soek oor die gesondheidskrisis in die Vrystaat in te stel. Anele Yawa, sekretaris van die Treatment Action Campaign (TAC), Sello Mokhalipi, Vrystaatse voorsitter van die TAC, en Mark Heywood, direkteur van die menseregteor- ganisasie Section27, sê ook die Vrystaatse gesondheidstelsel is besig om in duie te stort. Altesaam 200 belangrike soorte medisyne en toerusting is nie in die provinsiale depot beskikbaar nie, terwyl desperate gesond- heidswerkers op hul knieë om hulp en voorraad smeek. Medisyne wat by die depot uit voorraad is, sluit in anti-retrovirale middels, antibioti- ka, pynstillers, medisyne vir longontsteking, anti-psigotiese medisyne, medisyne vir hondsdolheid en medisyne vir hoë bloed- druk en epilepsie. Toerusting wat ontbreek, is onder meer maskers vir gesondheidswerkers om te voorkom dat hulle tuberkulose kry en vloeistof om te verseker dat teater-toerus- ting steriel is. Bethlehem-Tafelronde se Winter Knights-pro- jek. Lees meer op www.malutinews.co.za of op Facebook. Amper verkrag in Wesselspark. Lees die be- rig op www.malutinews.co.za en Facebook. Gesondheidstelsel wankel Tekort aan medisyne, kos en toerusting by hospitale PROF. JOHAN WILLEMSE, landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat (UV), sê die provinsie sal na verwagting 2,5 miljoen ton mielies uitvoer. Dit is die maksimum kapasiteit. Wanneer ’n mens so na Johannes du Toit van Bethlehem op die mielies kyk, dan lyk dit asof die Oos-Vrystaat ook ’n goeie mielieoes verwag. Johannes is die seun van Janneman en Helani du Toit. Foto: Verskaf Sit te lekker tussen mielies

Malutima 20140625

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20140625

Citation preview

Page 1: Malutima 20140625

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 25 JUNIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Lynda Greyling

’n MA moes vir haar tiener kos en medisy-ne na die intensiewesorgeenheid van dieDihlabeng-hospitaal neem nadat diehospitaal een van talle in die Vrystaat iswat weens die departement van gesondheidse benarde geldsake nie meer oor dienodige medisyne, toerusting en kos beskiknie.Dié ma, wat weens geldige redes

anoniem wil bly, sê haar kind was een vandie passasiers wat met ’n pasiëntbussie vandie gesondheidsdepartement naby PetrusSteyn in ’n ongeluk was. Hy het onder meerhoofbeserings opgedoen waarna hy in dieintensiewesorgeenheid van die Dihlabeng-hospitaal opgeneem is.Hy is intussen na ’n gewone saal oorge-

plaas. Sy moes onder meer pynstillers enverkouemedisyne vir hom koop. Sy is egterbaie ontsteld oor ’n verpleër wat haar kinddeur die gesig geklap het omdat hy kwan-suis nie wou luister en maak soos hy gevrais om te doen nie.“Hy is dan deurmekaar, hy verstaan dan

nie wat hy moet doen nie.”Dr. Bennie Malakoane, LUR vir gesond-

heid, het gesê ’n geldtekort is die kernpro-bleem by die Vrystaatse gesondheidsdepar-tement wat jaarliks R4 miljard meer virdienslewering benodig.Dié departement is nou onder provinsiale

administrasie geplaas. Die provinsialetesourie reguleer nou die finansies.Mariette Pittaway, die DA se woordvoer-

der vir gesondheid in die Vrystaatsewetgewer, het Maandag ’n skrywe aan dieSuid-Afrikaanse Menseregtekommissie gerigom die menseregteskendings deur die LURvir gesondheid, dr. Benny Malakoane, endie Vrystaatse departement van gesondheidte ondersoek.“Ons is van mening dat menseregte

gereeld by verskeie mediese geriewe in dieVrystaat geskend word weens Malakoaneen die departement se administratiewe enfinansiële wanbestuur.

“Van die onlangsste menseregteskendingsis by die Dihlabeng-hospitaal.“Daar is ’n tekort aan mediese toerusting,

mediese verbruiksartikels en kos.”Maluti verneem die hospitaal het by die

Dihlabeng-munisipaliteit om hulp aangeklopom kos vir pasiënte te koop. Die munisipali-teit is egter nie in staat om dit te doen nieen moontlikhede word ondersoek omskenkings te verkry. Daarby kan dokters niedie nodige opleiding aan jong dokters wathul prakties moet doen, verskaf nie, weens’n tekort aan toerusting.Daar is ook ’n tekort aan kos by die John

Daniel Newberry-hospitaal in Clocolan.Daar is ’n tekort aan antiretrovirale

middels, spesifiek D410, oor die Vrystaatheen. Daar is ’n tekort aan personeel by diemeeste geriewe. Daar word nagelaat omdokters, verpleegkundiges, aptekers endieetkundiges aan te stel.Pittaway sê die DA versoek die Mense-

regtekommissie om ’n omvattende onder-soek oor die gesondheidskrisis in dieVrystaat in te stel.Anele Yawa, sekretaris van die Treatment

Action Campaign (TAC), Sello Mokhalipi,Vrystaatse voorsitter van die TAC, en MarkHeywood, direkteur van die menseregteor-ganisasie Section27, sê ook die Vrystaatsegesondheidstelsel is besig om in duie testort.Altesaam 200 belangrike soorte medisyne

en toerusting is nie in die provinsiale depotbeskikbaar nie, terwyl desperate gesond-heidswerkers op hul knieë om hulp envoorraad smeek.Medisyne wat by die depot uit voorraad

is, sluit in anti-retrovirale middels, antibioti-ka, pynstillers, medisyne vir longontsteking,anti-psigotiese medisyne, medisyne virhondsdolheid en medisyne vir hoë bloed-druk en epilepsie.Toerusting wat ontbreek, is onder meer

maskers vir gesondheidswerkers om tevoorkom dat hulle tuberkulose kry envloeistof om te verseker dat teater-toerus-ting steriel is.

Bethlehem-Tafelronde se Winter Knights-pro-jek. Lees meer op www.malutinews.co.za ofop Facebook.

Amper verkrag in Wesselspark. Lees die be-rig op www.malutinews.co.za en Facebook.

Gesondheidstelsel wankelTekort aanmedisyne, kos en toerusting by hospitale

PROF. JOHAN WILLEMSE, landbou­ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat (UV),sê die provinsie sal na verwagting 2,5 miljoen ton mielies uitvoer. Dit is die maksimumkapasiteit. Wanneer ’n mens so na Johannes du Toit van Bethlehem op die mielies kyk,dan lyk dit asof die Oos­Vrystaat ook ’n goeie mielieoes verwag. Johannes is die seunvan Janneman en Helani du Toit. Foto: Verskaf

Sit te lekker tussen mielies

Page 2: Malutima 20140625

2 MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014

Besigtiging: Dinsdag, 1 Julie (08h30 - 16h30) Morné: 083 634 6476

Behoorlikgelasdeurdie likwidateurs indie sakevan: Volucept (Edms)Bpk. (InLikwidasie)&Volufon (Edms)Bpk. (InLikwidasie) -Meestersverwysingsnrs.: T527/2014&T3135/13, salAucordievolgendeaanvulenperpubliekeveilingverkoop:

Datum: Woensdag, 2 Julie om 10h30

LIKWIDASIE-VEILING

www.aucor.com

property|w

heels|m

ovables

• Ys- & Vrieskaskombinasies• Enkelbeddens• Liasseerkabinette• Lessenaars & Kredenskaste

GPS: S 27°43.396’O 023°05.865’

• Kantoor- & Besoekerstoele• Drukkers & Faksmasjiene• Skandeerders• Versenders & Modems

• 2012Toyota Hilux 2.5 4x2 E/kajuit Bakkie

Registrasiebenodighede: Elke koper moet registreer om te bie. Bewys van adres & ID benodigvir FICA-registrasie. ‘n Terugbetaalbare Registrasiedeposito van R5 000 is betaalbaar per bank- of

bankgewaarborgde tjek, debiet- of kredietkaart of EFO.Geen kontant word aanvaar! ONDERHEWIGAAN VERANDERING SONDER VOORAFKENNISGEWING. Terme & Voorwaardes geld. Vir reëls & volledige

advertensies, besoek:www.aucor.com. Afslaer: Jacques vd Linde

Perseel: Reitzhof Plot no. 15, Kathu, NKLAATMODEL VOERTUIE EN BAKKIE

• 5x 2012 Toyota Etios 1.5 Xi & Xs

SLAGHUIS-,BAKKERY-&SPYSENIERINGSTOERUSTING• Vleis- & Beensae• Vleis- & Biltongsnyers• Vleismeule•Worsstoppers & Vleis-koekiedrukkers

• Roosteroonde & Braaiers• Konveksieoonde• Draaispitte• Bain-Maries & Kooktafels• Mengers &Versappers

• Vlekvryestaalafels- &Wasbakke

•Weegskale• Vakuum-& Impulsseëlers• Verpakkingsmasjiene

• Rekenaars• Skootrekenaars• Sellulêre Telefone•Wiskundestelle

TOESTELLE, KANTOOR- &HUISMEUBELS

OKKIEBOTHA van Bethlehemhet hierdie pragtige natuurfoto tussen Fouriesburg enClarens geneem.Maluti­leserskan gerus foto’s aan Maluti stuur deur dit te e­pos na [email protected].

OnmiskenbaarOos­Vrystaat

BEATE BOSHOFF,’n leerling aan dieLaerskool TruidaKestell in Bethle-hem, het tydens dieNasionale Graham-stad-musiekkompeti-sie ’n tweede plek indie junior afdelingbehaal.Sy bespeel die

klavier.Sy het ook ’n

spesiale prys in diealgehele afdeling(junior, senior entersiêre afdeling) virdie beste uitvoeringin ’n Suid-Afrikaansestuk ontvang.Sy is persoonlik

deur prof. JonathanJansen, rektor envise-kanselier vandie Universiteit vandie Vrystaat, genooiom op drie grade-plegtighede op tetree.

Jong pianis skitter

BEATE BOSHOFF

DIE saak van betreding teen CW Els,provinsiale koördineerder vir AfriForum indie Vrystaat, is teruggetrek.Die saak is gemaak nadat Els watermon-

sters by die rioolaanleg in Petrys Steyngeneem het omdat die organisasie klagtesoor ernstige rioolbesoedeling deur dieNketoana-munisipaliteit ontvang het.Die saak is op 14 Mei uitgestel nadat

daar geen klagstaat in die hof was nie,hoewel die polisie bewys het dat dit aan diehof oorhandig is. Die landdros het ditduidelik aan die staatsaanklaer gestel datdie staat die hof se tyd mors omdat hulleweer onvoorbereid in die hof kom staan het.Hy het wel ’n maand tyd gegee dat die

saak na die direkteur-generaal verwys word,maar die aanklaer het binne 24 uur laatweet dat hulle die saak terugtrek.Volgens die munisipale amptenaar wat

die saak teen Els gemaak het, was daarwaarskuwingsborde op die perseel watbetreding verbied.AfriForum het egter die onderneming wat

die borde vervaardig het geskakel en hullehet bevestig dat hulle die borde eers sowat’n maand gelede aan die munisipaliteitgelewer het.Die saak was volgens AfriForum van die

begin af verdag omdat dit lyk na ’n pogingvan die munisipaliteit om gebrekkigedienslewering en rioolprobleme te probeerverdoesel.Volgens Els was die uitslag van die

watertoetse ontstellend: E.coli-vlakke is driekeer hoër as die voorgeskrewe nasionalemaksimum standaard.AfriForum het weer ’n dringende vergade-

ring met die munisipaliteit aangevra om diesaak te bespreek, aangesien Reitz tansdieselfde probleem ervaar.AfriForum is deeglik bewus van die

probleme wat munisipaliteite ondervind,maar die organisasie is bereid om saammet die gewillige amptenare te werk omhierdie probleme die hoof te bied. Diedoelwit is om nog sterftes weens besoedel-de water soos in Bloemhof te verhoed.

Betredingsaakteruggetrek

VIER jaar nadat ’n 16-jarige seun weenshuisbraak en verkragting in hegtenisgeneem is, is hy gevonnis.Lerato Michael Dlamini (20) van Qwaqwa

en twee ander mans is vier jaar gelede nádie moord en verkragting van ’n 62-jarigevrou van Bluegumbosch in hegtenisgeneem.Dlamini is sowat ’n jaar gelede

op ’n ander aanklag skuldig bevinden tot 15 jaar gevangenisstrafgevonnis.Hy is Donderdag in die hof in

Harrismith tot 22 jaar gevangenisstrafgevonnis nadat hy op aanklag vanhuisbraak en verkragting skuldigbevind is.Die twee vonnisse sal samelopend

uitgedien word.Die ondersoekbeampte wat die saak

behartig het, is adjudant-offisier AbelMofokeng.

Man ná vierjaar gevonnis

25 Junie: Wyk 10 van die Dihlabeng-mu-nisipaliteit hou om 17:00 ’n vergadering indie sysaal van die stadsaal.Rig navrae aan Gerrie Roetz, raadslid

vir Wyk 10, by 082-771-5574.

26 Junie: Sektor 10-polisiëringsverga-dering word om 17:00 by die Sederhofge-

bou gehou.

28 Junie: Rosendal-ruiterklub hou ’nplesierrit. Vertrektyd is om 10:00 van dieRosendal-veilingskrale af.Vir meer inligting bel Jaco van der Merwe

by 072-591-2348 of Marietjie van der Merweby 083-324-6824.

Winterbaadjies. Die Bethlehem-Rotariërssamel winterbaadjies in om aan behoeftigesuit te deel. Enigeen wat ’n baadjie wil skenk,kan dit by Diesel Electric, Kerkstraat 26,afgee.Rig navrae aan Herman Wessels by

082-572-0754 of Brian Jardine by 073-171-1227.

ELIZE SCHOEMAN van Bethlehem geniet dit om ou meubels te koop en te restoureer.Sy was die spreker op die Bethlehem/Kosmos­Vroue­Landbou­unie se maandelikse ver­gadering. Sy het ’n paar voorbeelde van haar werk saamgebring om te wys. Van linksis Schoeman, Annatjie Meintjes, Lettie Rossouw, Elsie Nothnagel, Elize Otto en LeonieMeyer. Foto: Lynda Greyling

Page 3: Malutima 20140625

MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014 3

SOWAT twee jaargelede het GerardSmal en sy vrou,Helene, tussenFouriesburg enClarens gery toehulle ’n man in ’nstukkende rolstoelteëgekom het.Terug in Pretoria

het hulle ’n rolstoelbekom en deur dieBethlehem-Rotariërstoegesien dat dit byDavid Motlounguitgekom het.Smal was Donder-

dagaand die sprekerop die Bethlehem-Rotariërs seinhuldigingsdinee.Smal sê lank

gelede het die jongmanne nog diensplig gedoen. Maar, soos indie meeste weermagte, is daar altyd dieongelukkiges wat geskiet, gewond of ernstigbeseer is.In baie gevalle het die weermagoffisiere

en die politici ontken dat die soldate ernstigbeseer is.Smal het besef die soldate het as

gesonde jong manne grens toe gegaan enas verlamdes en kreupeles teruggekeer.“Die meeste mense besef nie wat dit vergom so ’n verlamde kind te versorg nie,” sêSmal. “Van hulle is heeltemal hulpeloos enmoet in die bed omgedraai en vir drukserebehandel word.“Maar die ergste is die ma’s wat die

beseerdes gereeld moes omdraai enversorg, raak ook oud en kan dit nie meerdoen nie.”Sedertdien het die Smals ’n projek begin

om dié mense in rolstoele op ’n hengeluit-stappie te neem.Gesinslede sorg dat hulle by die dam in

Irene uitkom. Een van hulle vergesel diepersoon vir die dag om hulp te verleen methul basiese behoeftes.Smal hou oor die hengel-afdeling toesig.

Indien iemand nie self ’n visstok kanvashou of aas aansit nie, word hulle gehelp.Hulp word ook verleen om die vis uit diewater te trek.’n Ander span mense kyk of die rolstoele

herstelwerk nodig het en of daar dalkiemand is wat ’n nuwe rolstoel benodig.Daar word heerlik gekuier en gebraai.“Dit is op so ’n dag dat mense in rolstoe-

le besef hulle is nie die enigste nie. Diegeleentheid om in die buitelug te wees ensaam te kuier beteken vir hulle oneindigbaie,” sê Smal.Die volgende hengeluitstappie word op

6 September gehou.Smal het die lede van Bethlehem-Rotari-

ers genooi om die dag by te woon. Hy hethulle ook aangemoedig om so ’n projek indie Oos-Vrystaat te begin.

Rotariërs rol dam toe

GERARD SMAL (links) was die spreker op die Bethlehem­Rotariërs seinhuldigingsdinee. Die Bethlehem­Rotaryklub spog nou met ’n nuwekenteken wat deur Jaco Heymans ontwerp is. By Smal is van links Her­man Wessels, Hannes Heymans en Brian Jardine. Foto: Lynda Greyling

DIE lede van die Bethlehem­Tafelronde het speelgoed aan die Dihlabeng­hospitaal ge­skenk. Die speelgoed, waaronder ’n verskeidenheid teddiebere en opvoedkundige speel­goed, was ’n geskenk van die Waterland­Tafelronde in Nederland. Die speelgoed is virgebruik in die kindersaal geskenk. Voor is Daniel Selwere, (pasiënt); van links is, agter:Michael Wheatley, Adriaan Cilliers, Werner Engelbrecht, Alwyn Shields, Rudi van Vuuren,suster Winifred Tsoela, Mamolefi Nkutha en matrone Ria Erasmus.

HANNES HEYMANS(tweede, links) isDonderdagaand ty­dens ’n geselligheidby The Loft as die nu­we president van dieBethlehem­Rotary in­gehuldig. Van links isTess Heymans, Han­nes Heymans, Anne­line Hattingh en WillieHattingh (uittredendepresident).

Foto: Lynda Greyling

Skenk speelgoed aan hospitaal

Page 4: Malutima 20140625

4 MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014

OP 24 Desember 1901 was daarBritse soldate op Groenkop en diekanonne was na Bethlehemgedraai. Die Boeregeneraal hetmanskap Bruwer aangesê om tegaan kyk of alles nog reg is.Die Britse soldaat Arthur Robin-

son het wag gestaan en toe Bruwersy kop oplig, staan die tweeoorkant mekaar in die heldermaanlig. Robinson het sy geweerop Bruwer gerig en gesing: “Allchildren sing on Christmas night.”Hierna het hy sy geweer laat sak.Jare daarna by die Afrikaskop-

skool was meester Van der Vyverdie skoolhoof. Sy vrou was StienieBruwer.Haar broer het vir Kersfees by

hulle gekuier toe ’n Engelsmandaar aankom en die pad vraGroenkop toe. Stienie het homgenooi om saam te eet.

Ná ete is daar gesing, waaronderAfrikaanse liedere soos Die Heilandis gebore. Hierop het die Engels-man All children sing on Christmasnight gesing. Hulle besef toe dit isdieselfde lied wat jare tevore opGroenkop gesing is en vra dieEngelsman se naam.Toe hulle hoor dit is Robinson,

het hulle gevra hoekom hy nie dieaand op Groenkop op Bruwergeskiet het nie. Hy sê toe hy hetaan sy moeder in Londen gedinken kon nie op Oukersaand ’n andermoeder se seun skiet nie.Ná baie jare het lede van

Robinson se familie, Jane en TonyRobinson, spesiaal van Londen afgekom om in sy voetspore te volg.Hulle het Johann Ramage besoeken nadat hulle tee gedrink het, hetTony All children sing on Christmasnight, gesing.

van die Heilige Gees gevolg het.Alice was nou nader aan die

Here as ooit tevore. Sondigewraak is soet vir die oomblik,maar laat ’n bitter leegheid in diehart.Om kwaad met liefde te ant-

woord, kos ’n prys, maar agternais die hart vol vrede en vreugde.Moenie julle wreek nie, geliefdes,maar gee plek vir die toorn . . .oorwin die kwaad deur die goeie(Rom.12:19).In ons sondige natuur is

diepgesetelde kwaad. Die Heregebruik omstandighede om onsgeestelike lewe te verdiep en virons deur sy Gees ’n oorwinnings-lewe te gee. Ons bid ook dat julleso sal lewe dat alles wat julledoen vir Hom vreugde sal gee.Dan sal julle lewe nuttig wees.Julle sal baie kan doen wat goedis en julle sal God al beter leerken (Kol.1:10).– Ds. Manie Colyn, www.krag-

virelkedag.co.za

boom afgekap en die hout is sypakkamer gebêre.Alice was woedend en vir ’n

paar dae lank het sy wraakgedag-tes gekoester. Alice was ’n kindvan die Here en die krag van dieHeilige Gees het oor haar geseë-vier. Sy het ’n koek gebak en diehelfte vir die bure geneem. Diedeur is in haar gesig toegemaak.Sy het ’n paar dae later kleinkoekies gebak en vir die bure ’nbord vol geneem. Hierdie keer isdie deur op ’n skrefie oopgehouen iemand het “nee dankie”gemompel. Twee dae later het sygegaan met ’n bos blomme uithaar eie tuin. Dit is huiwerigaangeneem, maar sy is nieingenooi nie. ’n Week later is diebuurman aan ’n hartaanval dood.Die vrou het haar tot Alicegewend om hulp. Die dae daarophet Alice vir die gesin gesorg enal die reëlings vir die begrafnis enboedelafhandeling getref. Alicewas dankbaar dat sy die leiding

AS iemand hom van die kwaadgereinig het, sal hy ’n voorwerp virbesondere gebruik wees …bruikbaar vir enige goeie diens(2 Timoteus 2:21).Alice Fisher, ’n afgetrede

onderwyseres, het op ’n netjiesekleinhoewe gewoon. Op die grenstussen haar en die bure, aan haarkant, het ’n pragtige inheemseboom gestaan. ’n Nuwe buurmanhet aangebied om die boom af tekap en dan deel hulle die vuur-maakhout. Alice het geweier. Sywas lief vir die boom en die boomwas ’n sieraad vir die omgewing.Op ’n keer was sy vir ’n paarweke weg van die huis af. In haarafwesigheid het die buurman die

Elsona Steyn

AAATISHOEE . . . !Die winter is met ons en

laat menige leser dieperonder die kombers inkruip.Ek word ’n ui en dra die snoesig-

ste klere in verskeie lae: langmou-frokkies, dik wolkouse, truie,serpies, jasse en warm stewels.Hoewel ek nie ’n winterkind is

nie, kan ek aan ’n hele paar redesdink hoekom ander mense mal isoor dié seisoen.Winter is bruin kannas teen die

buitemuur. Winter is woorde inwasemwolkies. Winter is hand-skoenhande en warm serpe. Winterlê wit in die tuin tussen koue klippeen vaal-gerypte gras.Winter is ’n kniekombers, ’n

donsduvet oor die bed, ’n warmwa-tersak vir koue voete, lugreëling of’n gesellige vuur in die kaggel.Winter is omgee, dit is uitdeel

aan mense wat bewend opstraat staan met honger oë.Dit is kyk na nood om jou.Winter is pannekoek met

baie kaneelsuiker en malvalek-kers; boontjiesop waarin die lepelkan regop staan en murgbene;kerriekos; bekers Milo en stomendekoppies koffie; en gebakte poedingmet tuisgemaakte vla.Dit is die smake en geure van ’n

pruttende pot bredie op die stoof ennat, vetterige biltong vir rugbykyk.Winter wag vir niemand nie. Dit

kom by die voordeur, die venstersen die sleutelgat ingewaai. Dit klimin jou bene, jou stram vingers, joukaal ore. Winter vat aan jou lyf.Ongelukkig is wintertyd ook

verkouetyd. Jy voel dit kom en jyprobeer alles om dit te fnuik, maarin die middel van die nag word jy inkoorssweet wakker en jy besef diewinter het sy kloue in jou geslaan.Die hele gesin is siek en dit hoes

en proes vir ’n vale. Manlief lê soos’n uitgespande donkiekar in die beden jou tiener sit rooineus onder ’ndik donsduvet met ’n warmwatersakvoor die televisie.Jy is magteloos. In die badka-

merkas kry jy ou medisyne watwaarskynlik verval het, maar dalktydelike verligting kan bring. Jouneus brand en gloei purper, eintlikis jou hele lyf muf van die pyn.Dit is net ’n dokter wat nou kan

help. Antibiotika, neussproei, pillevir lyfseer, pille vir loopneus en ’ngroot dosis simpatie van die arts isal wat die sakie gaan beredder.Winter is egter ook hoop.

Wanneer alles om jou morsdoodge-vries is, kom lente eendag aange-trippel. Sy dans oor die bome, dieblomme en jou bevrore mensweesen verf die dae geel en oranje.Sommer so, sonder dat jy

agtergekom, het winter stil-stilverdwyn.

betrap en dié het vertel datiemand vir hulle die mooi kleregegee het en dat hulle nou vir diepersoon “werk”. Blykbaar steelhulle die goedere vir hom.Van hierdie straatkinders het nou

’n “nuwe” blyplek in Greystraat.Hulle het die gebou se deur envensterrame uitgehaal en vir skrootverkoop. Binne-in is dit die enegemors. Tussenin is ontlasting endie hele gebied om die geboustink na urine. Suggestiewe graffitiis teen die mure geskryf.Die Vereniging vir Kinder- en

Gesinsorg is al geruime tyd met ’nstraatkindprojek besig. Hulle biedhuisvesting en het al ’n hele paarkinders so ver gekry dat hulledeesdae skoolgaan. ’n Menswonder net waar kom die nuwestraatkinders vandaan en of diepersoon vir wie hulle “werk” nieopgespoor kan word om verant-woording te doen nie.

DAAR is heelwat kinders watnetjies aangetrek is wat op dieparkeerterreine by supermarkterondstaan.Sodra ’n mens stilhou, draf hulle

nader om vir kos te kom bedel.Maar hierdie netjiese klere is al dietyd ’n plan om die kinders diewinkels in te stuur om te steel.Die diefstal word nou al so erg

dat winkeleienaars maandeliksduisende rande verloor.Met die toenemende winkeldief-

stal raak dit al hoe moeiliker virdie winkeleienaars om ’n bestaante maak. Een van hulle het eenvan die kinders op heterdaad

‘Mooi’ klereplan vir diefstal

deur

Lynda Greyling

TOT onlangs het dié gebou in Greystraat, tussen Commissioner­ enHighstraat geleë, nog ’n deur en vensters gehad. Straatkinders het eg­ter hul intrek hier geneem en die plek só verniel en bemors. Die gebouwas voorheen ’n taverne.Winter kan die hart laat warm klop

Weerhou jou van wraakGeesgenoot

Lied van genade weerklink deur jare

DIE personeel van die departement van landbou het vir Jeugdag skoolklere gedra. Van links is, voor: RabasothoMokoena, Hendrik Molhlehe, John Mofokeng, Christopher Mosia en Johannes Twala; agter: Lizzie Motloung,Marlize Nel, Paulinah Mokhuoa, Eveline Vilakazi, Dina Mosia, Story Mohhaeka, Manene Mathibela, AgnesNoha en Shadrack Mofokeng.

In ’n klas van hul eie vir Jeugdag

Page 5: Malutima 20140625

MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014 5

BEFORE getting on to why theFord Figo 1,4 Ambiente proved tobe the super-performer in a recentCar Magazine test involving itsnearest competitors in its category,let us look at the reality.Ford’s fun and fashionable Figo

is now even more desirablethanks to the introduction ofexterior design enhancements andadded interior features includingthe addition of Bluetooth connecti-vity on some models.The Figo, based on Ford’s

proven global small car architectu-re, is available with a choice oftwo fuel-efficient engines, the 1,4 ℓpetrol Duratec and the 1,4 ℓ turbodiesel Duratorq. Both are equippedwith five-speed manual transmissi-ons.Customers can choose between

two trim levels, the Ambientebeing the entry-level optionavailable in both petrol and dieselguise, and the Trend, the high-spec model, available in petrolconfiguration.The Ambiente model has been

further enhanced with the additionof a new eight-spoke wheeldesign.Inside the cabin, the Ambiente

now features a Dynamic Bluecentre stack bezel and revisedseat fabric pattern.The Figo’s in-car entertainment

system allows one to switchbetween radio, CD/MP3 or one’s

iPod easily and with addedversatility thanks to the addition ofBluetooth functionality.The Bluetooth system allows

you to connect a mobile phone tothe audio system and thereforeconnect and disconnect callsthrough the system.

The space and practicality thatdefine the Figo are more common-ly associated with larger, moreexpensive vehicles rather thanthose typically found in the subB-Value segment.There is no shortage of safety

features with dual front airbags,

ABS with EBD and PATS (PassiveAnti-Theft System) providing apeace-of-mind driving experience.In addition to excellent fuel

economy customers are offeredfurther value for money throughFord’s ability to secure affordablespare parts and offer reliable

servicing through its extensivedealer network. The Figo comeswith a four-year/120 000 kmwarranty and five-year corrosionwarranty. Service intervals are20 000 km for petrol derivativesand 15 000 km for diesel.With all this taken into conside-

ration, it’s not surprising that theFigo triumphed in the recentcomparative test.Car Magazine wrote: “The Figo

remains the dynamic benchmark.”They went on to say that “the

previous Fiesta was a segmentfront-runner for driving enjoymentand its talents have been carriedover to the Figo”.“Overall” they noted, the Figo

remains the most fun to drive.But it was the summary of all

the vehicles that did it the mostjustice. “Although seeminglySpartan in terms of standardequipment, it does offer theessentials, which means the onlyoptions box you are likely toconsider ticking is for the serviceplan. For around R125 000 youwill then have worry-free servicingfor three years (or 60 000 km) anda car that is so pleasant to drive,with good comfort levels and aspacious cabin, that we thinkbuyers should not let themselvesbe deterred by the sight of manualwindow winders. Plus, the Figooffers the longest service intervals(20 000 km).”

Ford Figo: Fancy, fierce and fun

THE Ford Figo 1,4 Ambiente.

Page 6: Malutima 20140625

6 MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014

CHECKERS en Shoprite, insamewerking met Bejaardes inAksie, is weer die borg van dieMooigoed vir Kleingoed-veldtogwat klante, veral senior burgers,aanmoedig om hul kreatiewetalente te omskep om klere enspeelgoed vir behoeftige kinders temaak. Die 2014-Mooigoed virKleingoed-veldtog begin op 1Junie.

Deur die kreatiewe en ruimharti-ge bydraes wat deur die publiekgemaak is, is oor die jare heen,sedert die aanvang van hierdieprojek 12 jaar gelede, meer as100 000 stukke klere en speelgoedaan behoeftige kinders oorSuid-Afrika heen uitgedeel.

Checkers en Shoprite, insamewerking met Bejaardes inAksie, wil graag almal bedank watoor die jare heen deelgeneem enbygedra het tot hierdie verdienste-like projek. Hulle daag klante ensenior burgers uit om aan te houbrei, bou en handwerk doen sodatdaar selfs meer vreugde aankindertjies oor die komende jaregebring kan word. Tydens verledejaar se veldtog is meer as 20 000artikels ontvang.

Die Mooigoed vir Kleingoed-pro-jek moedig deelnemers aan omenigiets prakties, duursaam enveilig te maak waarmee kinderskan speel of wat ’n kind kan dra.Artikels kan van beskikbaremateriaal gemaak word en kan in

enige van die vier kategorieëingeskryf word, naamlik sagtespeelgoed, klere, komberse enartikels van hout, blik, draad endies meer.

Enigeen kan aan die projekdeelneem, maar deelnemers oueras 60 jaar staan ’n kans omCheckers- en Shoprite-geskenkbe-wyse ter waarde van duisenderande te wen.

Drie wenners per kategorie wordin elke provinsie aangewys.Provinsiale wenners ontvanggeskenkbewyse ter waarde vanR2 500, R2 000 en R1 500 vir dieeerste, tweede en derde plek indaardie volgorde en dring deur nadie eindbeoordeling waar drienasionale wenners per kategorieaangewys word. Nasionalewenners ontvang geskenkbewysevan R6 000, R4 000 en R3 000 virdie eerste drie plekke onderskei-delik. Daar is ook ’n merieteprysvir die persoon wat die meesteartikels in sy of haar provinsieinstuur en een vir die persoon watnasionaal die meeste artikelsinskryf.

Die sluitingsdatum vir inskry-wings is 31 Augustus. Provinsialewenners sal in September aange-kondig word en nasionale wennersin Oktober.

Inskryfvorms is beskikbaar byalle Money Market-toonbanke inCheckers-, Checkers Hyper- enShoprite-winkels.

Gesoek:Mooigoedvir kleingoed

DIE ATKV­tak in Bethlehem het ’n skenking van kos­ en traumapakkies aan die Vereniging vir Kinder­ enGesinsorg vir hul Jeugdagprojek gedoen. Van links is, voor: Ellen Mofokeng, Ester Mofokeng en DorahMasoko(Kinder­ en Gesinsorg); agter: Louise Venter (tesourier), Nadine Heathorn (lid), Hennie Dercksen (Kinder­en Gesinsorg) en Ritje Nel (lid).

Doen skenking aan Kinder­ en Gesinsorg

HIERDIE “boemelaar” was een van die talle kinders van die CharlotteTheron­kinderhuis (CTK) wat aan ’n talentkompetisie vir Jeugdag deel­geneem het.

Vat kreatiwiteit kop toe

DIE ATKV bied vir die tweedeagtereenvolgende jaar sy nasionaletalentkompetisie vir senior burgersaan.

Alle senior burgers met bewesesang- of musiektalent word genooiom deel te neem.

Deelnemers kan enige Afrikaan-se liedjie met enige musiekinstru-mentbegeleiding sing. Andersinskan enige Afrikaanse nommer metenige musiekinstrumente gespeelword.

Vra jou kinders, kleinkinders,vriende, die kerk of die naasteAfrikaansmediumskool om te helpom die liedjie- of musiekinstrument-spel op ’n CD te sit of dit inMP3-formaat as inskrywing tee-pos.

Jy kan jou vir een of albeikategorieë inskryf. Jy kan ook meeras een liedjie en meer as eenmusieknommer inskryf.

Die span beoordelaars bestaanuit Rouel Beukes, Lieb Bester,

Mimi Coertse, Theo Erasmus,Sonja Herholdt, Lance James,Martin Lane, Trevor Nasser, MinShaw, Gert van Tonder (Groep 2)en Ollie Viljoen.

Stuur ’n SMS na 082-925-1488of ’n e-pos na [email protected] ’n inskryfvorm te bekom.

Die sluitingsdatum is 30Augustus.

Die twee kategoriewenners wenLapa-boeke en twee dae se verblyfin ’n ATKV-oord.

Senior burgers genooi

BEPLANNING. Lysies maak.Oproepe: Sal jy help? Bestanddeleaankoop. Springkastele reël.Motorfietse bespreek. Verfbalpatro-ne aankoop. Naaldwerk doen.Sosaties ryg. Beeste en skapeslag. Dan, eindelik, breek die dagaan.

Die NG gemeente Kestell hetweer sy jaarlikse Borrelfees gehou.“Basaar” klink asof dit net een kerkof groep mense insluit. ’n Borrel-fees is ’n fees van ’n ander kleur.

Vroegoggend het die mis oorKestell gehang met ’n belofte vansonskyn. ’n Groep feesgenote hetdie kilometer-staptog na die kerk,van die ou krieketterrein af,aangedurf. Vooraan die parade wasmotorfietse.

Die hele gemeenskap is betrek.Met die intrapslag het ’n gemas-

kerde persoon almal begroet: Diéhet almal wat verbykom, nagebootsen só geld ingesamel.

Vir die vleisliefhebbers was daarsosaties en tradisionele kerrie-en-rys, asook ’n vleistafel met ’nverskeidenheid vleissnitte.

Daar was naaldwerk wat ’n mensjaloers kon maak. ’n Gemeentelidhet haar kunstalente afgestof enpragtige skilderye gemaak. Anderhet lekker basaarpoeding gemaak.

Daar was die lekkergoedtafel,pannekoek, biltong, ’n teetuin enkoffiehuis en wit olifante wat lêplekgesoek het.

Daar was kinders wat op

springkastele gebaljaar het enmekaar potblou met verfballegeskiet het. Ander se gesigte isdeur ’n kunstenaar omgeskep.

’n Paar kenners het elkeen ’npotjie aanmekaargeslaan in diehoop dat hulle met ’n halwe skaapen ander pryse kon wegstap.

Die jonger garde het hul tandevir die talentkompetisie geslyp.

Die hoogtepunt was ’n optrede

deur Danie Botha. Hy was ookbeoordelaar vir die talentkompetisie.

Teen die einde van die vertoninghet Botha die doel van die Borrel-fees verwoord: Ons is hier opaarde om God se boodskap uit tedra. Hoe ons dit doen, maak niesaak nie. Solank dit gedoen word.

Die atmosfeer was gelaai met diemeelewing van elke lid van diegemeenskap.

Borrelfees nie sommer net basaar

DANIE BOTHA (links) (sanger) het op vanjaar se Borrelfees in Kestell gesing.Saan met hom is die wenners van die potjiekoskompetisie, Renier en EllenBotha (eerste prys: halwe skaap).

Page 7: Malutima 20140625

MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014 7

DIT is vars, nuut, dit is modern en dieeerste keer dat dié musiekblyspel,Boksombende, opgevoer word. Dit nogaldeur laerskoolleerlinge in Bethlehem.Wat Boksombende nog spesialer

maak, is dat die hoofkarakters self in dieproduksie gaan sing.Daarby neem al die leerlinge, van

gr. R tot gr. 7 van die Laerskool Jordania,deel.Karen Loots, wat al ’n ATKV-prys vir

haar skryfwerk ontvang het, was vir dieteks verantwoordelik. Die storie is

geskryf rondom die nuwe FAK en handeloor die laerskoollewe. Hoewel die hoofka-rakters se name Trompie en Saartjie is, isdie teks alles oorspronklik en glad nie opdie boeke met die twee karakters gegrondnie. Tanya van Niekerk, die regisseur, hetdie teks vir die verhoog aangepas. Omdatdit die eerste keer is dat die musiekblyspelopgevoer word, is die kostuums uniek.Marnus Zaaiman en Dinamari Janse van

Rensburg vertolk onderskeidelik die hoofrolvan Trompie en Saartjie. Die ander agthoofspelers is Renémari Human (Sproet-

jies), Cheralee Trotter (Sannie), Lucé duToit (Sophie), Danielle Olivier (Katryn),Herman Wessels (Rooies), Rowen Scholtz(Jantjie) en TD Botha (Karolus).Die choreograwe is Tanya van Niekerk,

Carli van Schoor, Leana Scholtz, MagdaHeymans, Nadia de Bruyn, Sanet de Jageren René Vorster. Estelle Visser rig die koreaf.Lelani Matthee en Sanmari Fourie is

besig om die agtergrond vir die verhoog temaak.Jannie Rothman en Fanie van der Walt

van Fanjan-produksies voorsien diebeligting.Dié musiekblyspel word op 4, 5 en 7

Augustus aangebied met ’n gala-verto-ning op 8 Augustus.’n Musiekblyspel van so ’n aard word

nie jaarliks opgevoer nie en die Laer-skool Jordania beplan om elke vierde totvyfde jaar een aan te bied.Moet dus nie Boksombende misloop

nie. Onthou om die datums aan te tekenen jou kaartjie te koop. Dit is beslis diemoeite werd.

Boksombende-blyspel is besondersLINKS: Die agtergrond vir die verhoog wat nou deur Lelani Matthee en Sanmari Fourie, tweeouers van die Laerskool Jordania, gemaak word. Dit is vir die musiekblyspel Boksombendewat in Augustus opgevoer word.

Page 8: Malutima 20140625

8 MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014

DIE Laerskool Jordania seo.13-netbalspan het ’n seisoenvan skitterende netbal beleef.

Die span het die tweedeagtereenvolgende jaar na dieSuid-Afrikaanse kampioenskapdeurgedring.

Die kampioenskap wordvanjaar op 26 Julie by die

Hoërskool Dr. E.G. Jansen inBoksburg aangebied.

Die span het verlede Saterdagop die Vrystaatse kampioenskapmet laerskole soos Universitas,die Meisieskool Oranje, Vaalparken Harmony meegeding.

Hulle was ook die o.13-liga-wenners van die Thabo Mofutsa-

nyana-streek.Susan Kruger, die span se

afrigter, bedank elke spanlid watmeer as 100% vir hul spaningesit het.

Kruger meen vir haar asafrigter was dit ’n hoogtepunt ommet toegewyde, goed gedissipli-neerde spelers te kon werk.

Jordania mik na SA titelDIE Laerskool Jordania se o.13­netbalspan gaan aan die Suid­Afrikaanse kampioenskap deelneem. Van links isDinamari van Rensburg, Renémari Human, Simoné Roux, Mamello Moloi, Cheralee Trotter, Marisca Miles, JessicaNel en Lize­Mari van Niekerk.

TENNISSPELERSvan die Laerskool TruidaKestell wat in dieOos­Vry­staatse o.14­span ingesluit is, is voor Tiaan Barnard; van links is, agter:Lené Kruger, Margaux le Roux, Reuben Brussow, GP vanWyk en Kris­ten Anderson.

VAN links is Dian Labuschagne, Chinell Becker en Alexa vanWyk, ten­nisspelers van die Laerskool Truida Kestell wat in die Oos­Vrystaatseo.12­span ingesluit is.

DIE o.10­tennisspelers van die Laerskool Truida Kestell wat in die Oos­Vrystaatspan ingesluit is, is van links Echard de Kock, Amelia Lam­precht en Johan Barnard.

V

E

I

L

I

N

G

S

V

E

I

L

I

N

G

S

Page 9: Malutima 20140625

MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014 9

Page 10: Malutima 20140625

10 MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014

TWEE lede van die Waterbron­Vroue­Landbou­unie(VLU), Ina van der Merwe en Bruce de Jongh, vier onder­skeidelik hul 85ste en 80ste verjaardae vroeg in Julie. Opdie VLU se maandelikse vergadering is spesiale erken­ning aan die twee staatmakers gegee. Van links is DeJongh, Gerida Beukes (sameroeper), Van der Merwe enSuzette Ferreira (voorsitter).

VIVAGROBBELAAR het op diemaandelikse vergaderingvir VLU­lede gewys hoe om ciabatta­brood te bak.

Vereer op VLU­vergadering

SOSO SEPHEKA has been the directorof community services at the DihlabengMunicipality for quite a while. Now she isthe acting municipal manager. LyndaGreyling of Maluti spoke to her.

Where did you grow up? I grew up inQwaqwa as a reverend’s child. I alsowent to school in Qwaqwa.

Did you study after school? Yes, Iattended the University of the Free Statewhere I qualified as a social worker.

Did you work as a social worker? Iworked for the government in Qwaqwaand was transferred to the Local Govern-ment where I worked as a social workeruntil 1999.

Do you have experience in communityservice? I started at the Maluti-a-PhofungMunicipality in 1999 as the manager ofcommunity services. I have gained 21years’ experience in this field.

Where have you worked? I came to theDihlabeng Municipality in 2002 andworked as the director of communityservices until 2007. Thereafter I went tothe Moqhaka Municipality where I workedas the director of community services forfive years. Since then I have beenworking at the Dihlabeng Municipality.

Since when have you been the actingmunicipal manager? After ThabisiTsoaeli, the municipal manager, left, I wasappointed as acting manager for threemonths from the beginning of May. I havebig shoes to fill. It is difficult, especiallyproving that a woman can do the job.

Why do you think you were chosen tobe the acting municipal manager? Ithink it is because of my interpersonalskills.I enjoy building better relationships with allthe people working at the municipality,because I believe with better relations youcan do things the right way and achievemore.

Do you think you can achieve thegoals you have set yourself in threemonths? Three months is a very shorttime, but I am trying my best to go to ahigher level. With planning and prioritisingwe can achieve our goals.

Does your family support you? Myhusband, Moeketsi, and sons Junior (19)and Mpho (17), support me all the way.The Lord is good to us. I am so blessedand would like to bless others.

Do you have time for hobbies? I do nothave much time for hobbies, but I enjoylistening to gospel music. I love to write,but I am not getting much done at themoment.

Do you have a message for thecommunity? Please support the Dihla-beng Municipality. The new financial yearis coming and I would like us to do better.

Sepheka reaches forhigh level in Dihlabeng

SOSO SEPHEKA, the acting municipal ma­nager of the Dihlabeng Municipality.

Page 11: Malutima 20140625

MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014 11

Page 12: Malutima 20140625

12 MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014

FRANS POSTMA van die Laerskool TruidaKestell is by die Griffons­XV­tal ingesluit.

BERTIN VAN LILL (links) en KamshenMoss van die La­erskool Truida Kestell is by die Oos­Vrystaatse rugby­span ingesluit wat aan die VKB­week gaan deelneem.

DIE Hoërskool Witteberg spog met ’n nuwe elektroniese telbord vir hokkie. Die tel­bord is Saterdag met die wedstryd teen die Afrikaanse Hoërskool in Kroonstad(Rooiskool) ingewy. Hier is Witteberg se eerstemeisieshokkiespan by die nuwe tel­bord. Die span is van links Nicolene van Tonder, Sunitha Aveling, Damaris Godoy,Monique Herholdt, Mari Labuschagne, Mia van der Merwe, Nicela de Lange, ElmienVerster en Benita Labuschagne. Die telbord is deur Henri van der Merwe geborg.

Verheug oor elektroniese telbord

JEUGDAG is by die Charlotte Theron­kinderhuis (CTK) met ’n ta­lentkompetisie gevier. Kinders van die verskillende huise kon sing,voordra, in ’n koor sing of drama opvoer. Bo voer twee meisies,’n dramaopen onder glimlag hulle vir die kamera. Hulle isNatashaAzar (links) en Shannon Pelser

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

Page 13: Malutima 20140625

MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014 13

DIE Bethlehem-hengelaarsvereniging semaandelikse klubkampioenskap is bySaulspoortdam gehou.Die uitslae is soos volg met die aantal

vis en gewig tussen hakies:Seniors: Francois Spyer (9, 11,9 kg); JJ

Smith (8, 8,122 kg); Estefan Spyer (6,6,740 kg); Christo Kriek (4, 6,212 kg);Hans KLeynhans (4, 3,481 kg); Frikkie vanJaarsveld (4, 3,280 kg); Bielie van derWalt (3, 3,230 kg); Andries van Tonder (3,3,090 kg); Johan van Rensburg (2,

2,278 kg); Dries Visser (1, 1,704 kg); ThysBooyens (1, 0,786 kg) en Freddie Swane-poel (1, 0,760 kg);Vroue: Ilonke Lawrence (3, 4,780 kg);

Ernesta van der Walt (1, 1,171 kg),Cherise Mostert (1, 0,836 kg), MarietjieKleynhans (1, 0,625 kg) en Nanette Jonker(1, 0,478 kg);Juniors: Driesie Uys (3, 1,144 kg) en

Jano Karelsen (1, 0,487 kg).Enigeen wat belang stel om op sosiale

vlak of mededingend te hengel kanChristo Kriek by 083-267-6024 bel.

Hengelaars laat die lyne sing

DRIESIEUYShet die junior afdeling van dieBethlehem­hengelaarsvereniging semaandeliksekompetisie gewen.

ILONKE LAWRENCE het die vroue­afdeling van die Bethlehem­hengelaarsvereniging semaandelikse kompetisie gewen met drie visse wat saam 4,780 kg geweeg het.

ESTEFAN SPYER het die derde plek in die mans­afdeling van die Bethlehem­hengelaarsver­eniging se maandelikse kompetisie behaal met ses visse wat 6,740 kg geweeg het.

Page 14: Malutima 20140625

14 MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014

LEFT: Linda Keyter, whohas been the principal ofthe primary school at Ed­U­College in Qwaqwa, isleaving the school at theend of June. She has beenthe principal for the past14 years. She will relocateto Bloemfontein to be clo­ser to her children.

RIGHT: Benton Nortmanhas been appointed as thenew principal of the prima­ry school at Ed­U­Collegein Qwaqwa.

Old and newGEMEENSKAPS-

KENNISGEWINGS

1210

Cutting Egde Hairsalonunder new management.Kathy's Unisex & BarberShop. Contact:Kathy 082 857 9798.Pricilla 073 584 6039.

KLERASIE

1615

TROETELDIERE

1660

Opregte Toy Pom-hond-jies te koop.Marie 074 805 4739.

ALLERLEI

1845

SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding,rivens, tiles, etc.Tel. 058 303 4840.

12 Archbell Street, BHM.

GEMEUBILEERDE

AKKOMMODASIE

3256

R2 800/R 2 600 p.m.Gemeubileerde woon-stel. Krag uitgesluit, 6 kmbuite Bethlehem. 082 8351682/058 303 3020.

HUISE TE HUUR

3270

3 slk, 2 badk, dubbelga-rage, krag uitgesluit. 8kmbuite Bhm. Onm. beskik.,R5 000 p.m. Skakel: 082835 1682/058 303 3020.

BETREKKINGS

3600

GESOEK

3601

Vacancy for upholste-rer: Must have experienceand references. Fax CV to086 618 9297.Phone 058 303 8868.

GEREGTELIKE

VEILING

4501

FIRSTRAND BANK LIMI-TED/ESTATE LATE NJMADUNA (3/7895431)CASE NUMBER:3296/2013IN THE HIGH COURT OFSOUTH AFRICA, FREESTATE DIVISION, BLOEM-FONTEINIn the matter betweenFIRSTRAND BANK LIMITED,PLAINTIFF, and NOMPU-MELELO SUCCESS MADUNAN.O., DEFENDANT.NOTICE OF SALE IN EXECU-TION BY WAY OF AN AUC-TION:In pursuance of judgementgranted on 6 March 2014, bythe abovementioned Honou-rable Court and under a writof execution issued thereaf-ter the immovable propertylisted hereunder will be soldin execution by way of anauction on 11 July 2014 at10:00 at Sheriff's Office, 28Green Street, Môrelig, Beth-lehem, to the highest bidder:Description: ERF 32 in thetownship, Phuthaditjaba J,Harrismith, Free State.In extent: 1 220 (one thou-sand two hundred andtwenty) square meters, heldby the Execution Debtorunder Deed of Transfer no.TG117/1988QQStreet address: 32 J Elitetownship, PhuthaditjabaImprovements: A commondwelling consisting of 1 unitwith: 1 entrance hall, 1lounge, 1 dinning room, 1kitchen, 3 bedrooms, 2bathrooms, 1 shower, 2 WC,2 out garages.Zoning: residentialThe details of improvemntsand zoning are not guaran-teed. The onus is on thepurchaser to establish thecorrectness thereof. The saleshall be subject to the provi-sions of the High Court Actand rules. The conditions ofsale may be inspected at theoffices of the Sheriff, C/OSheriff of Tsesheng, 38Green Street, Môrelig, Beth-lehem 9701, for a period ofno less than 20 days prior tothe date of the sale in exe-cution as set out above.Registration as a buyer, sub-ject to certain conditions, isrequired and will be subjectto the Consumer ProtectionAct, no. 68 of 2008, and theregulation in terms of there-of.(URL:http://www.info.gov.za/view/DownloadFileAc-tion?id=99961http://www.info.gov.za/view/DownloadFileAc-tion?id=145414). Complianceof the relevant FICA-legisla-tion (i.r.o identity of thepurchaser and address parti-culars). Payment of registra-tion fees and acceptance ofthe auctioneer's registrationconditions. The auction willbe conducted by the office ofthe SHERIFF OF PHUTHA-DITJHABA HIGH COURT andDJ THATHENG will act asauctioneer. Advertising costat current publication tariffsand sale cost according toaforementioned rules ofCourt will apply.DATE at BLOEMFONTEINON 9 JUNE 2014JH CONRADIE(FIR50/0968/MN)ROSSOUWS ATTORNEYS119 President Reitz Ave,WestdeneBLOEMFONTEIN 9300Docex 31, BloemfonteinTel. 051 506 2500.Fax: 051 430 6079.

GEKLASSIFISEERD

Page 15: Malutima 20140625

MALUTI, WOENSDAG 25 JUNIE 2014 15

Page 16: Malutima 20140625

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

SPRANKELNETBAL is dienaweek op die bane van dieLaerskool Truida Kestell inBethlehem gespeel waar seniorklubspanne met mekaar meege-ding het.

Dit was die tweede vriendskapli-ke wedstryd vanjaar wat deur dieOudskoliere-netbalklub aangebiedis. Spanne van Lindley, Senekal,Kroonstad, Grootvlei, Heilbron,Frankfort en Bethlehem hetdeelgeneem.

Die uitslae is soos volg:) Grootvlei t. Lindley 1 – 34-26.) Heilbron 1 t. Dihlabeng – 19-17.) Kroonstad-Wanderers 1 t.Qwaqwa – 36-10.) Qwaqwa t. Senekal – 28-21.) Kroonstad-Wanderers 2 t.Senekal – 28-25.) Oudskoliere 2 t. Lindley 2 –16-13.) Frankfort 2 t. Lindley 2 – 7-18.) Lindley 2 t. Kroonstad-Wande-rers 2 – 18-25.) Frankfort 2 t. Oudskoliere 1 –4-62.

Netballiga aksiebelaaiFRANKFORT se netbalspan is van links, voor: Kerry­Lee Sumner, Linda Muller, Annelize Hersel­man en Alet van Niekerk; agter: Marlene van Eeden, Erika Swart en Lorene Pitzer.

Foto’s: Lynda Greyling

OUDSKOLIERE se eerste netbalspan wat aan die vriendskaplike liga op die Laerskool TruidaKestell se baan deelgeneem het, is van links, voor: Joanice Badenhorst, Jeannie Bols en LandéEtsebeth; agter: Adri Viljoen (afrigter),Mariska duPreez, Esta vanWyk, AristaBadenhorst, LindellKemp en Giselle D’Alebout.

REGS: Soms worddaar op ’n netbalbaangestruikel en geval.Verdediging tussenLindley se eerstespan en Kroonstad­Harriers se tweedespan was in ’n stadi­um straf. Voor en ag­ter is spelers vanLindley en in die mid­del van Kroonstad.

DIE Qwaqwa Hawks(links) en Senekal(regs) het in Oudsko­liere se vriendskapli­ke liga teenmekaar testaan gekom.